C­hi­na, N­Ko­rea se han­del groei

Beeld - - Wêreld­-Beeld - – Reu­ters

C­hi­na se han­del met Noord-Ko­rea het in die eer­ste helf­te van­jaar met net meer as 10% toe­ge­neem ver­ge­le­ke met ’n jaar te­vo­re, het ’n C­hi­ne­se amp­te­naar gis­ter ge­sê.

P­res. Do­nald Trump het ver­le­de week be­weer dit het in die eer­ste kwar­taal met by­na 40% ge­groei. Die VSA pro­beer druk op C­hi­na toe­pas om Noord-Ko­rea, waar­teen streng sank­sies geld, er­ger te straf.

C­hi­na het al her­haal­de­lik ge­sê hy pas die Ver­e­nig­de Na­sies (VN) se sank­sies teen Noord-Ko­rea toe en dat daar niks vreemds aan sy “nor­ma­le han­dels­ban­de” met sy ge­ï­so­leer­de buur­land is nie.

Hu­ang Song­ping, woord­voer­der van die C­hi­ne­se doe­a­ne­o­wer­heid, het in Bei­jing ge­sê sy land se han­del met Noord-Ko­rea het in die ses maan­de tot ein­de Ju­nie met 10,5% toe­ge­neem.

Die waar­de van die han­del was $2,55 mil­jard (so­wat R34 mil­jard).

C­hi­na se in­voer van Noor­dKo­rea het wel met 13,2% af­ge­neem, maar sy uit­voer het met 29,1% tot $1,67 mil­jard (so­wat R20,5 mil­jard) toe­ge­neem.

Hoof­saak­lik teks­tiel­wa­re en an­der goe­de­re wat nie op die VN se sank­sie­lys ver­skyn nie, is ver­han­del.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.