14 sterf in self­moord­bom­aan­val

Beeld - - Wêreld­-Beeld - – Reu­ters

Min­stens 14 men­se is dood en meer as 40 be­seer in ’n self­moord­bom­aan­val in ’n dor­pie in die noor­de van Ka­me­roen aan die g­rens met Ni­ge­rië.

Die aan­val is gis­ter­og­gend uit­ge­voer deur ’n vrou wat by ’n be­dry­wi­ge deel van die dor­pie Wa­za in­ge­stap het.

“Die aan­val is uit­ge­voer deur een self­moord­bom­aan­val­ler.

“’n Twee­de vrou is be­tyds dood­ge­skiet,” sê ’n ko­lo­nel in die le­ër wat vir die ver­wy­de­ring van slag­of­fers ver­ant­woor­de­lik was.

Hy wou nie sy naam verskaf nie.

42 men­se is be­seer, sê die ko­lo­nel.

Mid­jiy­a­wa Ba­ka­ri, goe­wer­neur van die streek, sê ’n ba­ba is on­der die slag­of­fers.

Baie van die be­seer­des is in ’n erns­ti­ge toe­stand en is per lug­am­bu­lans na hos­pi­ta­le ver­voer.

Nie­mand het nog ver­ant­woor­de­lik­heid vir die aan­val aan­vaar nie, maar die streek loop ge­reeld on­der aan­val­le van Bo­ko Ha­ram-mi­li­tan­te deur.

Ne­ge men­se is ver­le­de maand in die dor­pie Ko­lo­f­a­ta dood toe twee kin­ders ’n self­moord­bom­aan­val op ’n vlug­te­ling­kamp uit­ge­voer het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.