Regs­man is siek: Saak vir 7de keer uit­ge­stel

Beeld - - Nuus - Ma­rie­tie Louw­Car­stens

Tu­mi Mok­we­na, pro­ku­reur van Ju­li­us Ma­le­ma, EFF-lei­er, word vir de­pres­sie en long­ont­ste­king be­han­del na­dat hy vyf dae in po­li­sie­aan­hou­ding was om­dat hy glo vier men­se op ’n si­trus­land­goed bui­te Po­lo­kwa­ne ge­skiet het.

Weens Mok­we­na se toe­stand is die moord­ver­hoor van Ra­meez Pa­tel, een van sy kli­ën­te, wat glo sy vrou, Fa­ti­ma (28), in A­pril 2015 ver­moor het, gis­ter vir die se­wen­de keer in die hoog­ge­regs­hof in Po­lo­kwa­ne uit­ge­stel.

Reg­ter Joe Rau­lin­ga was om­ge­krap om­dat die ver­hoor weer ver­traag is. “Die pu­bliek ver­loor ver­troue in die reg­stel­sel as sa­ke so sloer. Die reg se ver­loop word in dié ver­hoor erg ont­wrig.”

Adv. Mas­hu­du Mu­dau, staats­aan­kla­er, het ge­sê Mok­we­na en Pa­tel is be­sig met ver­tra­gings­tak­tiek.

“Die oor­le­de­ne se fa­mi­lie word tel­kens te­leur­ge­stel om­dat hul­le nie af­slui­ting kan kry ter­wyl die ver­hoor nog voort­duur nie,” het Mu­dau ge­sê.

Fa­ti­ma is in haar en Pa­tel se meent­huis in Po­lo­kwa­ne eers met ’n krie­ket­kolf oor die kop en in die ge­sig ge­slaan en toe so hard aan die nek ge­wurg dat haar tong­been ge­breek het. Sy is op kort af­stand met ’n 9 mm-pis­tool in die ge­sig ge­skiet.

Rau­lin­ga moes die ver­hoor Maan­dag nood­ge­dwon­ge tot gis­ter uit­stel na­dat Mok­we­na die hof laat weet het hy is siek.

Adv. Fran­cis Le­go­di, na- mens Mok­we­na, het gis­ter twee siek­brie­we van hom by die hof in­ge­dien.

Le­go­di het ge­sê Mok­we­na het ver­koue op­ge­doen toe hy in po­li­sie­aan­hou­ding was ná die skie­te­ry in Ju­nie op die Ze­be­die­la-si­trus­land­goed.

Hy is dok­ter toe, maar het nie be­ter ge­word nie en long­ont­ste­king is op 5 Ju­lie by hom ge­di­ag­no­seer.

Mok­we­na het Dins­dag ’n siel­kun­di­ge gaan spreek en de­pres­sie is by hom ge­di­ag­no­seer weens die voor­val, waar­in hy drie plaas­wer­kers en ’n vei­lig­heids­wag ge­skiet het. Die vier mans is slegs ge­wond. Hy het se­dert 2015 sa­ke­be­lan- ge by die plaas.

Die siel­kun­di­ge het hom tot 8 Au­gus­tus op siek­te­ver­lof ge­plaas.

Mok­we­na is op borg­tog van R20 000 vry­ge­laat en moet in Au­gus­tus op vier aan­klag­te van po­ging tot moord in die land­dros­hof in Le­bo­wak­go­mo ver­skyn.

Rau­lin­ga het aan Pa­tel ge­sê as Mok­we­na oor ’n maand nie be­ter is nie, moet hy dit oor­weeg om an­der regs­ver­teen­woor­di­ging te kry. “Ek het ge­noeg ge­had van ver­sko­nings. Die ver­hoor sal voort­gaan en af­ge­han­del word,” het Rau­lin­ga ge­sê. Hy het die saak tot 26 Sep­tem­ber uit­ge­stel.

Ra­meez en Fa­ti­ma Pa­tel op hul trou­dag. Hy word van die moord op haar in 2015 aan­ge­kla.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.