Pier­neef­wer­ke se groots­heid, stil­te tref hom

Groot ver­sa­me­laar be­gin al op 13 koop

Beeld - - Kuns & Vermaak -

Sy eer­ste her­in­ne­ring aan Pier­neef was ’n boe­kie van sy ma met af­druk­ke van die kuns­te­naar se i­ko­nie­se sta­sie­pa­ne­le in.

Met sy heel eer­ste bo­nus het hy ook ’n Pier­neef gaan koop. Sy lief­de vir die Suid-A­fri­kaan­se land­skap­skil­der Ja­co­bus Hen­drik Pier­neef (1886-1957 ) was eg­ter geen aha-oom­blik nie, sê Tal­jaard. Op 13 het hy sy eer­ste Pier­neef – ’n li­nos­nee – aan­ge­skaf.

“Ver­moe­de­lik was dit die ge­stroop­te een­voud, die ba­lans en sim­me­trie van die sta­sie­pa­ne­le wat my aan­vank­lik aan­ge­trek het. In daar­die sta­di­um het ge­o­me­trie­se ab­strak­te kuns van el­ders in die wê­reld wat in van my ou­ers se kuns­boe­ke te sien was my kop (as tie­ner) be­sig ge­hou.

“Hoe­wel dit oog­lo­pend baie ver­skil­lend was, was daar tog on­der­lig­gen­de raak­pun­te wat ek be­slis nie toe ver­staan het nie.”

Hy was be­voor­reg om groot te word met twee wer­ke van Pier­neef in sy ou­er­huis.

“Dit het ’n bly­wen­de in­druk ge­maak. Geen groot aha-oom­blik nie. Dis ’n ge­lei­de­li­ke sien en ge­woond raak en dit ein­de­lik deel van jou maak.”

Al is die geld­waar­de van sy ver­sa­me­ling om­vat­tend, is die waar­de­ring vir Pier­neef se werk vir Tal­jaard voor­op.

“Daar was nooit ’n ge­sprek oor of be­wust­heid van geld­waar­de of be­lang­rik­heid of iets der­ge­liks nie.

“Die wer­ke was ge­woon deel van die huis, deel van ons al­le­daag­se om­gang, iets wat ons raak­sien of nie, waar­voor jy soms staan en won­der het. Dit is nie aan die groot klok ge­hang nie. En so hoort dit.”

Al moes hy sy eer­ste bo­nus eer­der in ’n huis­ver­band­le­ning ge­stort het, het hy da­de­lik ’n Pier­neef daar­mee ge­koop.

“Dit was die uit­ge­strekt­heid van die land­skap, die a­sem­haal­ruim­te, die stil­te wat my ge­vang het, saam met die groots­heid van die wolkuit­span­sel.”

Die werk praat steeds met hom. “Ek ont­hou dat S­te­phan Welz die skil­de­ry ná die vei­ling self gaan uit­haal het met ’n ‘dis ’n baie mooi skil­de­ry, ge­luk’.”

Ja­re daar­na was daar nie kans om weer ’n skil­de­ry te koop nie, “toe moes die huis eers af­be­taal word, en kin­ders se kle­re moes ge­koop word. Maar ek het nog­tans deur al S­te­phan se voor­skoue gaan loop”.

’n Skil­de­ry moet met hom praat voor­dat hy dit aan­skaf.

“Met e­ni­ge kuns­werk is dit die­self­de. Dis ’n lang­ter­myn­ver­hou­ding, ’n per­soon­li­ke ver­bin­te­nis. Dit moet eer­stens my aan­dag trek en nie net ’n mooi prent­jie wees nie. Es­te­tie­se me­rie­te kan ver­skil­len­de vorms aan­neem.

“Daar moet ook ’n se­re­bra­le in­houd wees, iets wat jou laat aan­hou kyk, aan­hou goed laat raak­sien, soms laat aan­hou won­der.

“Die e­mo­si­o­ne­le re­spons tus­sen jou en die kuns­werk is kri­tiek be­lang­rik. Dit moet iets aan jou doen.”

Die kuns­han­de­laar Jo­hans Bor­man meen dat die e­ner­gie wat in die skep­ping van ’n kuns­werk gaan nooit ver­lo­re gaan nie en dat dit bly re­so­neer by die ky­ker.

“Ek kan dit nog­al ver­staan, mits jy be­trok­ke raak by die werk, jou oop­maak daar­voor. Laas­tens is teg­nie­se vaar­dig­heid no­dig – ’n goeie i­dee is nie ’n plaas­ver­van­ger vir goeie vak­man­skap nie.”

Be­dre­we vak­man­skap het Pier­neef by uit­stek ge­le­wer, meen Tal­jaard.

“Die on­der­lig­gen­de ge­o­me­trie­se kom­po­si­sie, die ba­lans en die har­mo­nie. Hy vang die gees, die groots­heid van ons land­skap vas.

“Maar hy be­weeg na waar hy die fi­lo­so­fie van Ja­pan­se tuin­kuns toe­pas deur die na­tuur per­fek­ter te maak, goed te skuif en weer te gee soos hy dit wil sien eer­der as hoe dit is. Sy teg­nie­se uit­voe­ring is mees­ter­lik, met be­heers­te kleur­ge­bruik en kwas­teg­niek.”

Hy het wer­ke wat die breë spek­trum van Pier­neef se uit­set dek van 1917 tot 1957, die jaar waar­in hy oor­le­de is.

“Daar is et­se, ets­pla­te, pot­lood­sket­se, gra­fiet­werk, wa­ter- verf, o­lies, en ka­se­ïen. Sy ver­skil­len­de fa­ses, ook waar hy geeks­pe­ri­men­teer het met an­der teg­nie­ke, ’n nu­we aan­slag.

Daar is wer­ke wat his­to­rie­se myl­pa­le was, soos voor­be­rei­den­de wer­ke vir Suid-A­fri­ka-Huis in Lon­den of die sta­sie­pa­ne­le, land­skap­pe waar­van die skaal die groots­heid van die land­skap weer­spie­ël, en klein, in­tie­me skil­de­rye wat jy am­per kan aan­voel die kuns­te­naar het dit bloot vir sy eie ge­not ge­skil­der; dis iets wat spon­taan, per­soon­lik is.”

“Nee, moe­nie vra oor ’n guns­te­ling nie!” keer hy gou. “Jy kies nie tus­sen jou kin­ders, of jou vrien­de, ’n guns­te­ling nie.” ) Af­druk­ke van die Pier­neef-ets­pla­te ge­doen on­der toe­sig van Pip­pa S­kot­nes is ook te sien.

The Turbine Art Fair in die Tur­bi­ne­saal in Ne­w­town, Jo­han­nes­burg, be­gin van­dag en duur tot 17 Ju­lie.

Tal­jaard praat mô­re om 13:30 met Ja­cquie My­burgh C­he­ma­ly oor sy ver­sa­me­ling.

Die ge­spre­kreeks en Pier­neef­ten­toon­stel­ling word deur S­trauss & Co en Ar­tin­su­re ge­borg.

An­ton Tal­jaard

Die Pier­neef­werk Ca­pe Farm­lands, ka­se­ïen, 55 cm x 50 cm, wat in An­ton Tal­jaard se be­sit is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.