Gems bou nu­we kan­toor vir R200 m.

Beeld - - Sakenuus - Nel­lie Brand­Jon­ker

Die reu­se- me­die­se fonds die Go­vern­ment Em­ploy­ees Me­di­cal S­che­me (Gems) gaan ’n nu­we hoof­kan­toor vir by­na R200 mil­joen laat bou.

Dr. Gu­ni Gool­ab, hoof van die fonds, sê Gems sal die nu­we hoof­kan­toor na ver­wag­ting in Ok­to­ber 2018 be­trek.

Die fonds huur tans ’n kan­toor in die Hil­l­crest Of­fi­ce Park in P­re­to­ria.

Gool­ab sê Gems sal dank­sy die nu­we hoof­kan­toor jaar­liks R11 mil­joen aan huur be­spaar. Dit sal so­wat 10 km van waar sy hui­di­ge kan­toor is, ge­bou word.

Gems se huur­kos­te het van­jaar al­ge­heel met so­wat 35% tot R14,3 mil­joen ge­styg. Gems het ook streek­kan­to­re.

Gool­ab sê die fonds se be­leg­gings­kon­sul­tant, Men­teNo­va, het saam met sy be­leg­gings­ko­mi­tee be­sin oor of die fonds moet aan­hou huur of sy eie ge­bou moet kry.

“Met sy eie ge­bou kry die fonds ’n ba­te wat met ver­loop van tyd in waar­de sal toe­neem. En die huur gaan da­de­lik af­neem.”

Gool­ab sê Gems het die Raad op Me­die­se S­ke­mas se pro­ses­se ge­volg om goed­keu­ring vir die bou van die hoof­kan­toor te kry.

Gems het in Ju­lie ver­le­de jaar ten­ders ge­vra. Die on­der­han­de­lings met die voor­keur­bie­ër is in Maart af­ge­han­del. Gool­ab het nie ge­sê aan wie die kon­trak toe­ge­ken is nie.

Die a­dres van die nu­we hoof­kan­toor is ook nie verskaf nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.