Gi­ga­ba, Yel­len help die rand

Beeld - - Sakenuus - Vi­da Booy­sen

Dit lyk of die rand hou van Ma­lu­si Gi­ga­ba, mi­nis­ter van fi­nan­sies, se jong­ste “ak­sie­plan vir in­klu­sie­we groei”.

Die geld­een­heid het gis­ter net na­dat Gi­ga­ba be­son­der­he­de van dié 14punt-plan be­kend ge­maak het tot R13,15/$ ver­sterk en in mid­dag­ver­han­de­ling steeds ste­wig ver­toon toe hy in ’n nou band tus­sen R13,15 en R13,26 ver­han­del het.

Gi­ga­ba se plan wil die e­ko­no­mie op ’n meer vol­hou­ba­re groei­pad plaas te mid­de van kom­mer oor be­leids­on­se­ker­heid en lae sa­ke- en ver­brui­kers­ver­troue.

Vol­gens John Cairns, va­lu­tas­tra­teeg van RMB, was dr. Ja­net Yel­len, voor­sit­ter van die Fe­de­ra­le Re­ser­we­raad (Fed), se voor­leg­ging aan die A­me­ri­kaan­se kon­gres gis­ter die groot­ste ri­si­ko­fak­tor vir die rand.

Haar ver­ras­send be­sa­dig­de sie­ning oor ren­te­koer­se het in die rand se guns ge­tel. Yel­len het aan­ge­dui dat die Fed glad nie haas­tig gaan wees om ren­te­koer­se te ver­hoog of ef­fek­te te ver­koop nie om­dat A­me­ri­kaan­se in­fla­sie steeds baie traag is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.