Si­ba­nye­hoof in Sui­der­A­fri­ka

Beeld - - Sakenuus - – Han­lie S­tad­ler

Si­ba­nye Gold het Ro­bert van Nie­kerk aan­ge­wys as sy uit­voe­ren­de vi­se­pre­si­dent vir die streek Sui­der-A­fri­ka.

Si­ba­nye het on­langs sy maat­skap­py­struk­tuur ver­an­der om te fo­kus op stre­ke eer­der as op die hulp­bron­ne wat ont­gin word. Die aan­stel­ling van Van Nie­kerk hou met dié her­skik­king ver­band.

Van Nie­kerk is se­dert Fe­bru­a­rie 2013 by Si­ba­nye en was tot nou die uit­voe­ren­de hoof van die myn­bou­maat­skap­py se pla­ti­num­af­de­ling.

Hy is al 30 jaar by myn­bou be­trok­ke, on­der meer in be­stuurs­pos­te by Gold Fields en Ang­lo A­me­ri­can.

Ne­al Fro­ne­man, uit­voe­ren­de hoof, sê Si­ba­nye is be­sig om vin­nig uit te brei en die streek­ge­rig­te be­dryf­struk­tuur sal doel­tref­fen­de lei­er­skap ver­se­ker.

Si­ba­nye het in Mei die S­til­l­wa­ter Mi­ning Com­pa­ny in die VSA ge­koop het.

Chris Ba­te­man is on­langs as hoof vir die VSA aan­ge­stel.

Si­ba­nye se kern­ba­tes is die Suid-A­fri­kaan­se goud­my­ne D­rie­fon­tein, Be­a­trix, Kloof en Cooke, die pla­ti­num­my­ne Kroon­dal en Mi­mo­sa in Zim­bab­we, en nou ook die pla­ti­num­myn S­til­l­wa­ter in Mon­ta­na in A­me­ri­ka.

S­til­l­wa­ter myn die mees­te pla­ti­num naas Suid-A­fri­ka en Rus­land.

Ro­bert van Nie­kerk

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.