Yster­erts, di­a­man­te help myn­bou groei

Beeld - - Sakenuus - Han­lie S­tad­ler

Myn­bou­pro­duk­sie was in Mei ’n ste­wi­ge 3,6% ho­ër as ’n jaar ge­le­de, het S­ta­tis­tie­ke Suid-A­fri­ka (SSA) gis­ter aan­ge­kon­dig.

Die sy­fer is aan­ge­help deur dub­bel­sy­fer­groei in die pro­duk­sie van yster­erts (28,6%) en di­a­man­te (61%), maar af­ge­rem deur ’n da­ling van 17,5% in die pro­duk­sie van die pla­ti­num­groep­me­ta­le.

Dis die bes­te jaar­groei se­dert die 15,1% in Maart. In A­pril het pro­duk­sie met slegs 1,6% ge­styg.

Oor ’n maand ge­meet was daar eg­ter vir die twee­de maand in ’n ry ne­ga­tie­we groei, van -0,2%, wat iet­wat be­ter is as die -1,4% in A­pril.

Vir die drie maan­de tot ein­de Mei ver­ge­le­ke met die vo­ri­ge drie maan­de het pro­duk­sie met 4,4% ge­groei, iet­wat min­der as A­pril se drie­maan­de­sy­fer van 5%.

Wat ver­ko­pe be­tref, het ver­ko­pe in A­pril op ’n jaar­grond­slag met 11,2% ge­groei, op ’n maand- grond­slag met -1,8% en op ’n drie­maan­de­grond­slag met -5,7%. Ver­ko­pe is ’n maand ag­ter die pro­duk­sie­sy­fers.

Die drie­maan­de­sy­fers is ’n vroeë aan­wy­ser van of ’n sek­tor die bre­ër e­ko­no­mie in ’n kwar­taal sal aan­help of nie. Die bru­to bin­ne­land­se pro­duk word in drie­maan­de­tyd­per­ke ge­meet aan die waar­de van ver­ko­pe na­dat dit vir in­fla­sie aan­ge­pas is.

In die eer­ste kwar­taal van 2017 was myn­bou (12,8%) en land­bou (22,8%) die e­nig­ste twee sek­to­re van die e­ko­no­mie wat ge­groei het uit die tien wat SSA meet.

Myn­bou (12,8%) en land­bou (22,8%) was die e­nig­ste twee sek­to­re van die e­ko­no­mie wat in die eer­ste kwar­taal ge­groei het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.