On­re­ël­ma­tig­he­de by Trans­net uit­ge­wys ná ou­dit

Beeld - - Sakenuus - Niel Jou­bert

Trans­net is die twee­de staats­in­stel­ling wat van­dees­week ge­sê het ’n ou­dit van sy boe­ke dui op on­re­ël­ma­tig­he­de.

Die maat­skap­py het Woens­dag op Sens ge­sê as deel van die jaar­lik­se ou­dit van sy fi­nan­si­ë­le s­ta­te het sy ek­ster­ne ou­di­teu­re on­re­ël­ma­tig­he­de by die O­n­af­hank­li­ke Re­gu­le­rings­raad vir Ou­di­teu­re (Ir­ba) aan­ge­meld.

Trans­net het op Maan­dag 3 Ju­lie sy re­sul­ta­te vir die boek­jaar tot ein­de Maart be­kend ge­maak.

E­s­kom het ook vroe­ër van­dees­week ge­sê sy ou­di­teu­re het twee on­re­ël­ma­tig­he­de by Ir­ba aan­ge­meld.

Die krag­ver­skaf­fer het die be­kend­stel­ling van sy re­sul­ta­te met ’n week uit­ge­stel.

Trans­net sê die aan­meld­ba­re on­re­ël­ma­tig­he­de is ver­want aan nie­na­ko­ming en nie­vol­doe­ning deur ’n aan­tal se­ni­or amp­te­na­re ra­ken­de ge­sti­pu­leer­de in­ter­ne ver­kry­gings­pro­se­du­res en wets­ver­eis­tes vir ver­kry­gings­kon­trak­te tus­sen Trans­net en ver­skeie diens­ver­skaf­fers.

Die on­re­ël­ma­tig­he­de is ge­staak en die be­trok­ke amp­te­na­re is ge­skors, sê Trans­net. Daar is reg­stap­pe ge­doen waar dit ge­pas was en dis­si­pli­nê­re op­tre­de is on­der­weg, vol­gens die maat­skap­py.

Trans­net sê ver­der hy ge­bruik nie meer die ver­skaf­fers wat be­trok­ke was by die on­re­ël­ma­tig­he­de nie. Al­le be­ta­lings is be­vries tot­dat die on­der­soek af­ge­han­del is.

E­s­kom se twee on­re­ël­ma­tig­he­de han­del oor kwes­sies aan­gaan­de B­ri­an Mo­le­fe, voor­ma­li­ge uit­voe­ren­de hoof, en Mats­he­la Ko­ko, wat die waar­ne­men­de hoof was.

Mo­le­fe is in die ar­beids­hof en die hoog­ge­regs­hof in ’n reg­stryd met E­s­kom ge­wik­kel oor of hy be­dank het of vroeg pro­beer af­tree het, as­ook oor sy her­aan­stel­ling en af­dan­king.

Ko­ko is op spe­si­a­le ver­lof han­gen­de ’n on­der­soek na be­lan­ge­bot­sings oor sy stief­dog­ter se be­lan­ge by ’n maat­skap­py wat met E­s­kom sa­ke ge­doen het.

E­s­kom het ook aan­ge­dui dat dié on­re­ël­ma­tig­he­de nie voort­gaan nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.