Hy­de Park kry luuk­se een­he­de

Beeld - - Sakenuus - ’n Kuns­te­naars­voor­stel­ling van die nu­we O­ne97­ont­wik­ke­ling in Hy­de Park. Luuk­se dakeen­he­de gaan teen R13 mil­joen van die hand ge­sit word.

’n Nu­we ont­wik­ke­ling met meer as 100 luuk­se een­he­de gaan in die boom­ry­ke Hy­de Park in Jo­han­nes­burg ver­rys.

O­ne97 gaan deur die G5 Pro­per­ties Group in ven­noot­skap met Sylt De­ve­lop­ments en Li­vie­ro Con­structi­on ont­wik­kel word.

Sam Sil­wam­ba, ont­wik­ke­lings­be­stuur­der van G5 Pro­per­ties, sê die mul­ti­mil­joen­rand­ont­wik­ke­ling met ses ver­die­pings word na­by die eks­klu­sie­we Hy­de Park-win­kel­sen­trum op­ge­rig. “Ons was ge­luk­kig om die u­nie­ke per­seel van 4 000 m² in ’n dood­loop­straat in die ge­bied te kry om dié een­ma­li­ge re­si­den­si­ë­le ont­wik­ke­ling te bou.”

Die 102 deel­ti­te­leen­he­de, elk met ’n eie bal­kon, word deur Pam Gol­ding Pro­per­ties (PGP) be­mark teen van R1,9 mil­joen vir ’n een­heid van 50 m² en R13 mil­joen vir ’n spog­ge­ri­ge dak­woon­een­heid.

Die ge­bou gaan oor ’n por­taal en ’n sit­ka­mer be­skik, as­ook an­der aan­trek­li­ke ken­mer­ke, soos ’n sen­tra­le bin­ne­hof en ’n dak­tuin met ’n swem­bad.

Dr. Andrew Gol­ding, uit­voe­ren­de hoof van PGP, ver­wag dat die een­he­de ui­ters ge­sog gaan wees om­dat hul­le in een van Jo­han­nes­burg se voor­ste voor­ste­de op die drem­pel van Sand­ton en Ro­se­bank ge­leë gaan wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.