NY die duur­ste stad om in te bou

Beeld - - Sakenuus -

New York het Z­ü­rich ver­by­ge­steek as die duur­ste stad ter wê­reld om in te bou, blyk uit die diens­te­maat­skap­py Tur­ner & To­wn­send se jong­ste na­vor­sings­ver­slag vir 2017.

In die Groot Ap­pel word heel­wat meer as ’n ap­pel en ’n ei vir bou­werk op­ge­dok as na die ge­mid­del­de bou­kos­te van $3 807/m² ge­kyk word. San Fran­cis­co is ’n kort­kop ag­ter met ’n ge­mid­del­de bou­kos­te van $3 549/m² en dan Z­ü­rich met $3 528/m².

Jo­han­nes­burg is on­der die top­vyf ste­de ter wê­reld waar bou­kos­te van­jaar die mees­te gaan toe­neem. Die ge­mid­del­de bou­kos­te in die Goud­stad wat tans op $848,3/m² staan, gaan na ver­wag­ting van­jaar met 7,5% s­tyg, groot­liks weens die hoë in­fla­sie­om­ge­wing, wat druk op loon­ver­ho­gings plaas en ’n sty­ging in die kos­te van bou­ma­te­ri­aal en toe­rus­ting mee­bring.

Dit is heel­wat ho­ër as die glo­ba­le ge­mid­del­de van 3,5%.

Die na­vor­sings­ver­slag ont­leed bou­kos­te in 43 mark­te. Ses soor­te ont­wik­ke­lings is ge­bruik om die ge­mid­del­de kos­te te be­re­ken, on­der meer re­si­den­si­ë­le to­ring­blok­ke, kan­to­re, pak­huis- en ver­sprei­ding­sen­trums, hos­pi­ta­le, sko­le en win­kel­sen­trums.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.