Vaal­ri­vier­prag­pla­se te kry

Beeld - - Sakenuus -

U­bi­que Af­sla­ers bied bin­ne­kort in sa­me­wer­king met Park Vil­la­ge Aucti­ons Bloem­fon­tein ’n vei­ling aan. Dit is in op­drag van die ku­ra­tors in die in­sol­ven­te boe­del van FBC Kir­sten.

Die vei­ling word oor twee dae aan­ge­bied en vind op 25 en 26 Ju­lie plaas.

Op 25 Ju­lie word twee prag­ti­ge Vaal­ri­vier-pla­se, ’n groot hoe­veel­heid wild, bees­te en del­wers­toe­rus­ting by Wol­ma­rans­stad se ven­du­sie­kra­le ver­koop.

Die wild en del­wers­toe­rus­ting sal al­bei per ka­ta­lo­gus­vei­ling te koop aan­ge­bied word.

Die eien­dom­me vorm ’n een­heid en is in ge­heel on­ge­veer 1 027 ha groot. Die pla­se is vir ge­meng­de­boer­de­ry­be­dry­wig­he­de (saai-/wild- of bees­plaas) ge­skik.

Op die twee­de dag van die vei­ling op 26 Ju­lie by die plaas Waag­kraal, Ot­tos­dal (29,5 km van Wol­ma­rans­stad af op die Ot­tos­dal­pad), word die roe­ren­de ba­tes te koop aan­ge­bied. Die roe­ren­de ba­tes be­staan uit trek­kers, werk­tuie, sleep­wa­ens, vrag­mo­tors, voer­tuie, groot hoe­veel­he­de on­der­de­le en huis­hou­de­li­ke toe­be­ho­re.

Vir meer be­son­der­he­de in ver­band met al­bei die dae se veilings kan voor­ne­men­de ko­pers vir Ru­di M­ül­ler of An­ton En­gel­brecht van U­bi­que Af­sla­ers by on­der­skei­de­lik 082 490 7686 of 082 789 2772 bel. Ju­an Ma­ree van Park Vil­la­ge Aucti­ons Bloem­fon­tein by 076 317 9955 kan ook die no­di­ge be­son­der­he­de verskaf.

Ver­de­re in­lig­ting is ook by die web­wer­we van U­bi­que Af­sla­ers – u­bi­que.co.za – en Park Vil­la­ge Aucti­ons – park­vil­la­geaucti­ons.co.za – be­skik­baar.

Een van die trek­kers wat op 26 Ju­lie ge­sa­ment­lik deur U­bi­que Af­sla­ers en Park Vil­la­ge Aucti­ons Bloem­fon­tein op­ge­veil gaan word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.