Huis in Hy­de Park on­der ha­mer

Beeld - - Sakenuus - Park in Jo­han­nes­burg word op

Park Vil­la­ge Aucti­ons (PVA) gaan la­ter in Ju­lie in op­drag van ’n fi­nan­si­ë­le in­stel­ling met spe­si­a­le vol­mag ’n groot huis in die boom­ry­ke voor­stad Hy­de Park in Jo­han­nes­burg op­veil.

Vol­gens Jaco du Toit van PVA bied die ko­men­de vei­ling die ge­leent­heid vir ’n ge­sin om ’n vry­staan­de huis van goeie ge­hal­te in die hart­jie van ’n voor­stad te kry waar die aan­vraag na ei­en­dom groot is en die aan­bod skaars.

Op die grond­ver­die­ping van die dub­bel­ver­die­ping­huis in Mor­sim­weg is ’n por­taal, ’n sit­ka­mer met ’n kag­gel, ’n gas­te- bad­ka­mer, ’n eet­ka­mer en ’n kom­buis. ’n Trap met te­ëls lei na die boon­ste ver­die­ping met drie slaap­ka­mers en ’n bad­ka­mer.

Die eet­ka­mer bied toe­gang tot ’n ge­slo­te pa­tio, wat na die swem­bad en ag­ter­tuin lei.

Die ei­en­dom, wat al­te­saam 1 172 m² be­slaan, het ook ’n pak­ka­mer, huis­hulp­ver­blyf en ’n dub­bel­mo­tor­huis.

“Hoe­wel die ei­en­dom ’n bie­tjie aan­dag en in­stand­hou­ding no­dig het, is dit ’n gul­de ge­leent­heid vir ’n groei­en­de ge­sin om wor­tel te skiet in Hy­de Park, waar vry­staan­de hui­se nie dik­wels in die mark kom nie,” sê Du Toit.

“In on­lang­se tye het ons op­ge­merk dat gro­ter er­we her­ont­wik­kel word met meent­huis- en tros­ont­wik­ke­lings, wat ver­al ge­wild is on­der die­ge­ne op soek na in­tree­vlakop­sies vir tweeen drie­slaap­ka­mer­hui­se, sê hy.

Daar is ’n wye ver­skei­den­heid in­ko­pie­sen­trums, sko­le en an­der ge­rie­we ’n klip­gooi weg van­af die voor­stad. Hy­de Park is per­fek tus­sen Sand­ton en Ro­se­bank ge­leë, wat mak­li­ke toe­gang bied tot die sen­tra­le sa­ke­ge­bie­de.

Die vei­ling word op 20 Ju­lie om 11:00 op die per­seel ge­hou en die huis kan ’n uur voor die vei­ling be­sig­tig word. Vir meer in­lig­ting ska­kel 087 150 0521 ska­kel of besoek www. park­vil­la­geaucti­ons.co.za.

Die huis in die boom­ry­ke voor­stad 20 Ju­lie deur PVA op­ge­veil.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.