Koop plaas by Vaal­dam

Beeld - - Sakenuus -

’n Man­ji­fie­ke lu­sern­plaas met e­nor­me in­kom­ste­po­ten­si­aal, wat ook as ’n per­ma­nen­te wo­ning met ont­haal­moont­lik­he­de ge­bruik kan word, word la­ter in Ju­lie deur Bid­ders C­hoi­ce on­der die ha­mer ge­bring. Die plaas is aan die Vaal­dam. Die plaas Goe­de­hoop ge­deel­te 5 strek oor meer as 25 ha, waar­van 22 ha lu­sern on­der be­sproei­ing is.

E­s­kom voor­sien drie­fa­se­krag en daar is ’n hoof­huis, ’n twee­de huis en ’n be­stuur­ders­woon­stel.

Die hoof­huis het drie slaap­ka­mers, ’n groot kom­buis met ’n op­was­ka­mer, ’n was­ka­mer, ’n gim­na­si­um, ’n sit- en eet­ka­me­r­a­rea, as­ook ’n son­ni­ge stoep.

Die huis het ’n dub­bel­mo­tor­huis en ’n af­dak vir ses tot agt voer­tuie.

Die twee­de huis het drie slaap­ka­mers, twee bad­ka­mers, ’n sit­ka­mer en ’n kom­buis. Daar is af- dak­par­keer­plek vir ses voer­tuie en wer­kers­ver­blyf.

Die plaas het ook vier boor­ga­te son­der toe­rus­ting.

Die be­stuur­ders­woon­stel het twee slaap­ka­mers, ’n bad­ka­mer, ’n sit­ka­mer en ’n kom­buis.

’n Groot ont­haal­ge­bied met al die no­di­ge ge­rie­we rond die prent­jie van ’n per­fek­te weg­breek­be­stem­ming aan die Vaal­dam af.

Ge­deel­te 4 van die plaas Goe­de­hoop met 25 ha se gras­veld word op die­self­de dag op­ge­veil.

Die plaas het drie­fa­se­krag wat deur E­s­kom voor­sien word en ’n Zo­zo-hut, maar daar is geen an­der ver­be­te­rings nie.

Al­bei die pla­se word op 21 Ju­lie om 11:00 op die per­seel op­ge­veil.

Vir meer in­lig­ting of om die pla­se te be­sig­tig, ska­kel vir Pie­ter Gel­den­huys by 082 808 1801 of besoek www.bid­derschoi­ce.co.za.

Die hoof­huis op een van die pla­se na­by die Vaal­dam wat op 21 Ju­lie deur Bid­ders C­hoi­ce op­ge­veil gaan word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.