F­leck tree in bres vir slot

‘Niks fout met sy werk­y­wer’

Beeld - - Sakenuus - S­te­phen Nell

Die voor­ma­li­ge S­pring­bok-af­rig­ter Nick Mal­lett was Sa­ter­dag pas­sie­vol in sy kri­tiek op Pie­ter-S­te­ph du Toit, maar raai wat? Die S­tor­mers se af­rig­ter, Rob­bie F­leck, is dood­dol­lies met sy nom­mer­vyfslot.

“Pie­ter-S­te­ph is des­pe­raat om goed te speel en ek sal veel eer­der só ie­mand hê wat fou­te maak as ie­mand wat niks doen nie,” sê F­leck, wat Du Toit in sy be­gin­span be­hou het vir mô­re se Su­per­rug­by-wedstryd teen die Bul­le op Lof­tus.

Du Toit het die af­ge­lo­pe Sa­ter­dag in die Su­perS­port-a­tel­jee deur­ge­loop, met Mal­lett wat sy ver­brou­de duik­slae teen die Sun­wol­ves uit­ge­wys het en sy ver­to­nings voor­ge­hou het as die re­de waar­om Fran­co Mos­tert nou die nr. 5-slot in die S­pring­bok­ke se be­gin­span is.

Ter­wyl Mal­lett se kri­tiek dalk in die Kaap as on­ge­wens be­skou sal word, kan daar eg­ter nie ont­ken word dat Du Toit van­jaar nie die hoë stan­daar­de ge­hand­haaf het wat hy ver­le­de jaar ge­stel het nie.

Hy is Suid-A­fri­ka se heer­sen­de Rug­by­spe­ler van die Jaar, maar nie op koers om daar­die kroon te be­hou nie.

F­leck meen dis ver­keerd om een spe­ler uit te son­der vir die on­in­druk­wek­ken­de se­ge van 52-15 oor die Sun­wol­ves.

“Die tel­bord het een ding ge­sê, maar uit die per­spek­tief van die span het ons nie aan ons eie hoë ver­wag­tin­ge vol­doen nie,” sê F­leck.

“Pie­ter-S­te­ph is ’n groot S­pring­bok vir ons. Ons kan nie fout vind met sy werk­y­wer en werk­ver­rig­ting op die veld nie. As ’n spe­ler in so­veel as­pek­te van die spel be­trok­ke raak, gaan hy ui­ter- aard on­der die ver­groot­glas be­land. Ja, hy het fou­te ge­maak, maar al­mal an­ders het ook in daar­die wedstryd. Hy wil ui­ter­aard sy bes vir die span le­wer. Hy’s nie be­kom­merd oor wat Nick sê en of hy die Bok-span

S­tor­mers: Dil­lyn Leyds, C­heslin Kol­be, EW Vil­joen, Da­mi­an de Al­len­de, Se­a­be­lo Se­nat­la, Da­mi­an Wil­lem­se, Ja­no Ver­maak, Ni­zaam Carr, Ryn­hardt El­stadt, Siya Ko­li­si (k), Pie­ter­S­te­ph du Toit, E­ben Et­ze­beth, Frans Mal­her­be, Bon­gi M­bo­nam­bi, JC Jan­se van Rens­burg. PLAASVERVANGERS: Ra­mo­ne Sa­mu­els, S­te­ven Kits­hoff, Wil­co Louw, Chris van Zyl, Sik­hum­bu­zo Nots­he, Jus­tin P­hil­lips, Ju­an de Jongh, Dan K­riel.

Fo­to: GALLO IMAGES

Die S­tor­mers se Pie­ter­S­te­ph du Toit word deur Wil­lie B­ritz vas­ge­vat in die af­ge­lo­pe Sa­ter­dag se Su­per­rug­by­wedstryd teen die Sun­wol­ves op Nu­we­land.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.