Ac­kers: Leeus vat raak met S­wys

Beeld - - Sakenuus - Chris­to Bu­ch­ner

Hy is baie bly sy man­tel as hoof­af­rig­ter van die Leeus het op die skou­ers van S­wys de Bruin ge­val, sê Jo­han Ac­ker­mann.

“Ons kom ’n lang pad saam en ons dink ook een­ders oor rug­by en die Leeus,” het Ac­ker­mann gis­ter ge­sê van die man wat hom as die hoof­brei­er van die Leeus gaan ver­vang.

Ac­ker­mann ver­breek sy ban­de met die Leeus ná die Su­per­reeks om hom by die En­gel­se klub Glou­ces­ter aan te sluit.

“Ek weet hoe die spe­lers oor hom voel en dat hul­le ’n baie noue band met S­wys het,” sê Ac­ker­mann. “Hy is deel van ons kul­tuur hier by die Leeus en hy weet ook hoe om die bes­te uit die spe­lers te kry. Hy het ook ’n goeie on­der­steu­ning­span om hom en ek glo daar sal be­slis steeds die­self­de kon­ti­nu­ï­teit hier wees,” sê hy.

Jaco K­riel, wat in die af­we­sig­heid van die be­seer­de War­ren W­hi­te­ley die lei­sels by die Leeus hou, sê die spe­lers is ver­heug daar­oor dat De Bruin die nu­we hoof­af­rig­ter gaan wees.

“Ons weet wat ons in hom het en net soos co­ach Ackies het hy ook ’n oop­deur­be­leid met die spe­lers en kan jy met e­nig­iets na hom toe gaan.

“Hy is ook ie­mand wat die spe­lers aan­moe­dig om met i­dees na vo­re te kom en hy hou van ons in­set­te. Hy kom baie goed oor die weg met sy spe­lers en die spe­lers voel baie ge­mak­lik met hom,” sê K­riel.

Jo­han Ac­ker­mann

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.