Klip­pe kou wag op SA net­bal­jon­ges

Beeld - - Sakenuus - – Ann­chen Nel

Suid­A­fri­ka se o.21­net­bal­span gaan die vol­gen­de drie dae hard moet werk om vyf­de te ein­dig in die Wê­reld­jeug­toer­nooi.

Dít na­dat hy gis­ter in sy eer­ste uit­speel­stryd in Ga­boro­ne, Botswa­na, met 37 doe­le af­ge­slag is deur Nieu­See­land. Die Ki­wi’s het met 69­32 ge­wen. Aus­tra­lië het Suid­A­fri­ka eer­gis­ter in hul laas­te groep­wed­stryd met 27 doe­le ge­klop.

Die jong Sil­wer­va­rings het van die be­gin af oor­heers en die Suid­A­fri­ka­ners kon eers in die vyf­de mi­nuut hul eer­ste doel aan­te­ken.

Die Ki­wi’s het ná die eer­ste kwart met 20­9 voor­ge­loop.

Hoe­wel die jong Pro­te­as ’n be­ter twee­de kwart be­leef het, was die koe­ël met die rus­tyd reeds deur die kerk (36­20).

Die Ki­wi’s was so vin­nig soos weer­lig en hul aan­gee­werk is do­de­lik, want hul­le weet ’n span­maat is daar om die bal te vang. Die SuidA­fri­ka­ners moes by tye eers rond­soek om te kyk na wie hul­le kan gooi.

Le­ni­ze Pot­gie­ter, die Pro­tea­doel wat die af­ge­lo­pe ses maan­de vir Wai­ka­to Bay of P­len­ty in Nieu­See­land ge­speel het, sê dít is ’n knel­punt.

“Die Nieu­See­land­se span­ne speel blits­vin­nig. Hul­le hui­wer nie om die bal te laat gaan nie. Hul­le weet hul span­maat is daar,” het Pot­gie­ter gis­ter ge­sê. “So ja, ons bal­spoed ha­per nog.” Pot­gie­ter (23) sê Suid­A­fri­kaan­se span­ne is nie be­sten­dig ge­noeg nie.

“Ons speel ’n goeie eer­ste tien mi­nu­te, maar kan dan nie daar­op ver­be­ter of daar­by bly nie. Ki­wi­ en Aus­sie­span­ne hou kon­stan­te druk.

“Dit gaan ook oor bloot­stel­ling. Die lan­de se top­span­ne speel baie teen me­kaar,” sê Pot­gie­ter.

Die doel meen eg­ter nie SuidA­fri­ka is só ag­ter Nieu­See­land nie.

“Ons is in die reg­te rig­ting op pad,” glo sy.

Die o.21’s speel van­dag om 10:00 teen U­gan­da. Die wen­ner van dié krag­me­ting sal om die vyf­de plek uit­speel.

Die U­gan­de­se het gis­ter met 3739 teen Fidji ver­loor.

Die toer­nooi duur tot Son­dag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.