San­zaar sê nee vir Kits­hoff

Beeld - - Sakenuus -

San­zaar, die be­heer­lig­gaam van die Su­per­rug­by­reeks, wei­er dat die S­tor­mers die S­pring­bok­los­kop­stut S­te­ven Kits­hoff in die uit­klop­ron­des mag in­span.

“Daar was Maan­dag ’n ver­soek. Hy kwa­li­fi­seer nie vir die uit­speel­ron­des nie om­dat hy in Frank­ryk ge­speel het en, in­ge­vol­ge toer­nooi­re­ëls, was hy nie be­skik­baar om op 1 A­pril in SuidA­fri­ka te speel nie,” sê San­zaar se woord­voer­der, G­reg T­ho­mas.

Twee van die S­tor­mers se los­kop­stut­te, Oli Keb­ble en Ali Ver­maak, is op die kruk­ke­lys. Daar is vroe­ër van­dees­week in ’n ver­kla­ring ge­sê dat hul­le op koers is om fiks te wees vir aan­staan­de week se kwart­eind­stryd. Tot voor dan is Kits­hoff vir ou­laas nog be­skik­baar vir mô­re se krag­me­ting met die Bul­le op Lof­tus. gaan haal of nie.”

E­ben Et­ze­beth, die S­tor­mers se an­der Bok-slot, sluit van­dees­week weer by Du Toit in die be­gin­span aan na­dat hy ver­le­de week se wedstryd met griep mis­ge­loop het.

Die Bok-vas­kop­stut Frans Mal­her­be keer ook te­rug in die plek van Wil­co Louw en Ryn­hardt El­stadt ver­vang vir Ju­ar­no Au­gus­tus op die flank.

Dis ’n ste­wi­ge in­spui­ting van er­va­ring, hoe­wel daar ná gis­ter­mid­dag se oe­fen­ses­sie skie­lik kom­mer is of El­stadt en Louw, wat die vas­kop op die plaas­ver­van­gers­bank is, saam gaan reis P­re­to­ria toe.

Al­bei het seer­ge­kry in die slyp­ses­sie en die S­tor­mers se me­die­se span sal eers la­ter kan sê of hul­le kan speel.

In die lig van die ont­wrig­ting wat die Ka­pe­naars nog die he­le week er­vaar met griep wat on­der hul­le maai, is dit ’n on­wel­ko­me ver­wik­ke­ling, maar ’n bie­tjie teen­spoed bied dalk ook ’n goeie toets vir die span se rug­graat.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.