Leeus: Druk is goed

Ego’s op die spel, sê Ac­kers

Beeld - - Sakenuus - Chris­to Bu­ch­ner

Die Leeus wil met ’n se­ge in Dur­ban mô­re ver­se­ker hul­le kry wen­mo­men­tum voor die uit­speel­stry­de van die Su­per­rug­by­reeks.

“Dit is goed dat ons teen die Haaie in ’n druk­si­tu­a­sie gaan wees, want dit is die soort wedstryd wat ons no­dig het as voor­be­rei­ding voor­dat die uit­speel­stry­de be­gin,” het Jo­han Ac­ker­mann, die af­rig­ter, gis­ter ge­sê.

“Die Haaie het ’n baie sterk span ge­kies en al hul voor­ste spe­lers is weer te­rug. Hul­le kry nog seer ná wat met hul­le teen die Bul­le ge­beur het en hul­le sal dit wil reg­stel.

“Daar gaan ’n aan­tal ego’s op die spel wees en ons ver­wag ’n ge­wel­di­ge aan­slag,” sê hy.

Tog kan die Haaie tus­sen twee vu­re vas­ge­vang wees en kan dit selfs vir hul­le meer voor­de­lig wees om teen die Leeus te ver­loor om so­doen­de te ver­hin­der dat hul­le die vol­gen­de dag op ’n vlieg­tuig Ni­euSee­land toe moet klim vir ’n af­spraak in Chris­t­church teen die Cru­sa­ders.

In so ’n ge­val sal hul­le dan in die kwart­eind­ron­de net Jo­han­nes­burg toe hoef te reis vir ’n her­ont­moe­ting met die Leeus.

“Ja, ek kan in­sien dat dit dalk nog­al ’n moei­li­ke span­praat­jie vir Ro­bert du P­reez (die Haaie se af­rig­ter) kan wees,” sê Ac­ker­mann.

Wat sy eie span be­tref, sê Ac­ker­mann hul­le is bloot ge­fo­kus op ’n goeie ver­to­ning teen die Haaie.

“Dit help nie ons sit Sa­ter­dag­og­gend met groot ver­wag­tin­ge en kyk wat ge­beur tus­sen die Hur­ri­ca­nes en die Cru­sa­ders nie. Dit sal wel lek­ker wees as die Hur­ri­ca­nes wen en ons dan nog eer­ste op die pun­te­leer ein­dig, maar dit gaan nie ons in­ge­steld­heid vir hier­die wedstryd be­paal nie.

“Jy kan in elk ge­val nie jou in­ge­steld­heid in die be­stek van en­ke­le ure voor ’n wedstryd ver­an­der nie. Ons het ons deel ge­doen om te ver­se­ker ons het ’n kwart­eind­stryd tuis en ver­der as dit kyk ons nie eens nie,” sê hy.

Ac­ker­mann sê die rus­kans van die af­ge­lo­pe week het die spe­lers han­dig te pas ge­kom.

“Die ou­ens is nou weer ver­fris en ons druk weer die knop­pie om van voor af te be­gin.”

Hy het ’n on­ver­an­der­de be­gin­span aan­ge­kon­dig van dié een wat die Sun­wol­ves twee we­ke ge­le­de ver­woes het.

“Dit is be­lo­ning vir hoe die ou­ens ge­speel het. Tog was daar ’n paar moei­li­ke be­slui­te om te neem.”

Ro­han Jan­se van Rens­burg is te­rug op die plaas­ver­van­ger­bank.

“Ro­han was baie goed op dreef tot­dat hy be­seer is en hy is ie­mand met die X-fak­tor en daar­om is hy te­rug in die groep,” sê Ac­ker­mann.

Jaco K­riel be­skou die Haaie se fi­sie­ke agt­tal en sterk ag­ter­spe­lers as ’n ge­vaar.

“Wan­neer hul­le op die voor­voet kom is dit nie mak­lik om hul­le te keer nie. Dit sal ’n groot toets vir ons wees om hul aan­slag af te weer,” sê hy.

Ter­wyl die Hur­ri­ca­nes al hul All Blacks ge­kies het in hul stre­we om die eer­ste span te word wat die Cru­sa­ders van­jaar klop, het die ’Sa­ders hul All Black-voor­ry van Joe Moody, O­wen Franks en Co­die Tay­lor rus­kans ge­gee.

Leeus: An­dries Coet­zee, Ru­an Com­brinck, Li­o­nel Ma­poe, Ha­rold Vor­ster, Court­nall S­ko­san, El­ton Jan­tjies, Ross Cron­jé, Ru­an Ac­ker­mann, K­wag­ga S­mith, Jaco K­riel (k), Fran­co Mos­tert, An­dries Fer­rei­ra, Ru­an D­rey­er, Mal­colm Marx, Ja­c­ques van Rooy­en. PLAASVERVANGERS: Ak­ker van der Mer­we, Cor­né Fou­rie, Jo­han­nes Jon­ker, Lou­rens Eras­mus, Cy­le B­rink, Faf de K­lerk, Ro­han Jan­se van Rens­burg, Syl­vi­an Ma­hu­za.

Fo­to: GALLO IMAGES

Ro­han Jan­se van Rens­burg is te­rug in die Leeus se groep vir mô­re se Super­wedstryd in Dur­ban teen die Haaie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.