Haaie ver­ras met Bosch se weg­la­ting

Beeld - - Sakenuus - Ti­nus van S­ta­den

L­wa­zi M­vo­vo se aan­val­len­de ver­mo­ëns van­uit die laas­te ves­ting het Cur­win Bosch sy plek in die Haaie se be­gin­span vir hul laas­te tuis­wed­stryd in van­jaar se Su­per­rug­by-reeks ge­kos.

M­vo­vo se in­slui­ting op heel­ag­ter is een van vyf ver­an­de­rin­ge aan die Haaie se be­gin­span wat twee we­ke ge­le­de teen die Bul­le slae ge­kry het. Die Haaie speel mô­re teen die Leeus in Dur­ban.

Bosch se weg­la­ting kan as ’n ver­ras­sing be­skou word, aan­ge­sien hy stryk­deur die reeks ’n staat­ma­ker in die Haaie se nr. 10- en 15-trui was. Bosch sal op die plaas­ver­van­gers­bank sit.

“El­ke keer wat L­wa­zi vir ons heel­ag­ter ge­speel het, het hy baie goed ge­vaar. Hy bied vei­lig­heid in daar­die po­si­sie, maar is ook ’n aan­val­len­de heel­ag­ter,” sê Ro­bert du P­reez, die span se brei­er.

Bosch kon ook as los­ska­kel vir dié stryd oor­weeg word, maar Du P­reez wou Garth A­pril vir sy goeie spel­peil be­loon.

“Garth vaar goed op los­ska­kel. Ons wou ook be­sten­dig­heid be­hou. Cur­win dek boon­op twee po­si­sies op die plaas­ver­van­gers­bank,” sê hy.

Daar­be­ne­wens sal die Haaie hoop die in­slui­ting van ver­al die bui­te­sen­ter, Luk­ha­nyo Am, en die reg­ter­vleu­el, Ko­bus van Wyk, gee hul­le ag­ter­langs ge­noeg­sa­me slaan­krag om die voor­ste Suid-A­fri­kaan­se span te laat bont­staan op die ver­de­di­ging.

Am was aan die ein­de van Mei by die S­pring­bok­ke se groep in­ge­sluit vir die toets­reeks teen Frank­ryk, maar ’n wang­been­be­se­ring teen die S­tor­mers het hom daar­van weer­hou om moont­lik sy toets­bui­ging te maak.

Voor­langs het die span se brei­er, Ro­bert du P­reez, twee ver­an­de­rin­ge aan­ge­bring.

C­hi­li­boy Ra­le­pel­le ver­vang die be­seer­de Fran­co Marais (har­sing­skud­ding) op ha­ker. S­te­phan Coet­zee sal ha­ker-dek­king op die plaas­ver­van­gers­bank bied.

Een van Du P­reez se seuns, die S­pring­bok-flank Je­an-Luc du P­reez, keer te­rug in die nr. 7-trui na­dat hy ’n blaas­kans ge­gun is.

Du P­reez vorm ’n fi­sie­ke los­trio saam met sy twee­ling­broer, Dan, op agt­ste­man, en die kap­tein, P­hi­lip van der Walt, op oop­kant­flank.

“P­hi­lip, Dan en Je­an-Luc was goed vir ons van­jaar. Ons gaan hul fi­siek­heid Sa­ter­dag (mô­re) no­dig hê. Ek dink dit gaan een van ons taai­ste wed­stry­de van die jaar wees,” sê Du P­reez. ) Haaie: L­wa­zi M­vo­vo, Ko­bus van Wyk, Luk­ha­nyo Am, An­dré Ester­hui­zen, Sbu N­ko­si, Garth A­pril, Co­bus Rei­nach, Dan du P­reez, Je­an­Luc du P­reez, P­hi­lip van der Walt (k), S­te­phan Le­wies, E­tien­ne Oost­hui­zen, Coe­nie Oost­hui­zen, C­hi­li­boy Ra­le­pel­le, T­ho­mas du Toit. PLAASVERVANGERS: S­te­phan Coet­zee, Ju­an S­choe­man, Lou­rens A­dri­aan­se, Je­an Dros­te, Te­ra M­tem­bu, Mi­cha­el Claas­sens, Cur­win Bosch, Je­re­my Ward.

Fo­to: GALLO IMAGES

Cur­win Bosch ver­slae op die veld twee we­ke ge­le­de.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.