Sorg­vrye, taai swa­ne­sang te wag­te

Beeld - - Sakenuus - O­wen Kock

’n Ge­skied­kun­di­ge wedstryd, ’n sorg­vrye krag­me­ting waar­in aan­skou­li­ke hard­loop­rug­by hoog­ty kan vier.

Dís straks waar­na van­aand uit­ge­sien kan word in die Sout­hern Kings en C­hee­tahs se Su­per­rug­by­swa­ne­sang.

Maar, moet nie ’n fout maak nie, dit kan een van die taai­ste wed­stry­de van die sei­soen wees.

Die C­hee­tahs is ver­los van die op­ge­hoop­te frus­tra­sies wat die on­se­ker­heid oor hul toe­koms mee­ge­bring het.

Die Kings het hul­le min­der daar­aan ge­steur en vriend en vy­and met hul spran­kel­rug­by in die reeks ver­ras.

Hul­le sal oor­loop van self­ver­troue ná ag­ter­een­vol­gen­de se­ges met pre­sies die­self­de tel­lings (31-30) oor die Ja­gua­res in Bu­e­nos Ai­res en die Bul­le op Lof­tus Vers­feld.

Die C­hee­tahs skuld hul on­der­steu­ners ’n laas­te goeie ver­to­ning ná ’n sei­soen van ver­speel­de kan­se.

Fran­co S­mith staan van­dag die laas­te keer aan die hoof van die C­hee­tahs se af­rig­ting­span. Hy sê die wedstryd gaan vir hom ’n baie spe­si­a­le een wees, ver­al om­dat hy van die spe­lers al op Var­si­ty­be­ker­vlak af­ge­rig het.

“Dit is be­lang­rik dat ons goed af­sluit, vir ons eie self­sug­ti­ge re­des – om­dat ons hard ge­werk het en reg­tig on­ge­luk­kig in baie si­tu­a­sies was.

“Die mees­te van die tyd was dit ons eie skuld dat ons nie méér ge­wen het nie, maar ons is nooit oor­don­der nie. Ons het nog een hek­kie om oor te kom en wil ’n goeie smaak in Suid-A­fri­kaan­se Su­per­rug­by-vol­ge­lin­ge se mon­de laat,” sê S­mith.

Die Kings se brei­er, De­on Da­vids, sê hul­le ver­wag ’n taai wedstryd en wil nie te veel fo­kus op die e­mo­sies wat daar­mee ge­paard­gaan nie.

Hy sê hul­le wil goeie rug­by in hul laas­te wedstryd voor hul tuis­ska­re speel.

“Dit was ’n lang veld­tog en ons het saam hard ge­werk om te be­reik wat ons het. V­riend­skap­pe is ge­smee en skie­lik gaan al­mal in hul eie rig­tings. Ons wil nie­te­min ons laas­te wedstryd ’n ge­not­vol­le een maak.”

Hy sê hul­le het nooit die ver­wag- ting ge­had dat hul­le el­ke wedstryd kan wen nie, maar as na die uit­slae ge­kyk word, is dit dui­de­lik dat hul ver­to­nings met meer as net af­rig­ting te ma­ke het.

“Ek dink die spe­lers se ge­moeds­toe­stand het baie by­ge­dra tot die suk­ses van­jaar. Ons speel met die ge­loof dat ons kan wen en ek dink dit was van­jaar die ver­skil,” sê Da­vids.

Die C­hee­tahs en die Kings se deel­na­me aan ’n ver­gro­te Pro12reeks kan na ver­wag­ting mô­re of vroeg vol­gen­de week be­ves­tig word.

Sout­hern Kings: Mal­colm Ja­er, Wan­di­le M­je­ke­vu, Ber­ton Klaas­en, Lu­zu­ko Vu­lind­lu, Ma­ka­zo­le Ma­pim­pi, Li­o­nel Cron­jé (k), Lou­is S­chreu­der, An­di­sa Nt­si­la, Ty­ler Paul, Chris Cloe­te, Wil­helm van der Sluys, Lu­ba­balo M­ty­an­da, Ross Gel­den­huys, Mi­cha­el Wil­lem­se, M­za­mo Ma­jo­la. PLAASVERVANGERS: Martin Be­zui­den­hout, S­chalk Fer­rei­ra, Da­y­an van der West­hui­zen, Ir­ne Herb­st/M­z­wa­ne­le Zi­to, T­hem­be­la­ni B­ho­li, Ru­di van Rooy­en, Ma­sixo­le Ban­da, Way­lon Mur­ray/Yaw Penxe. C­hee­tahs: Clay­ton Blom­me­tjies, Wil­li­am S­mall­S­mith, Fran­cois Ven­ter (k), C­lin­ton Swart, Ray­mond R­hu­le, F­red Zei­lin­ga, Ti­an Mey­er, Niell Jor­daan, Ou­pa Mo­ho­je, U­zair Cas­siem, Re­niel Hugo, Carl Weg­ner, Ara­nos Coet­zee, E­land­ré Hug­gett, Ox N­che. PLAASVERVANGERS: Jo­seph D­we­ba, C­har­les Marais, Tom Bo­tha, Ar­mandt Kos­ter, Ju­ni­or Po­ko­me­la, Chris Dry, Ru­an van Rens­burg, Niel Marais. Skeids­reg­ter: S­hu­hei Ku­bo (Ja­pan). As­sis­tent­skeids­reg­ters: AJ Ja­cobs en C­wen­gi­le Ja­de­z­we­ni (SA). TV­skeids­reg­ter: S­haun Velds­man (Suid­A­fri­ka). Af­skop: 19:00 (SS 1, GDN).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.