Mein­tjes maak stem dik

Froome staan sy geel­trui af

Beeld - - Sakenuus - – S­port­re­dak­sie

’n Nu­we man in die Tour de Fran­ce se geel­trui – en ’n SuidA­fri­ka­ner bin­ne tref­af­stand van die jong ja­ers se wit­trui.

Dít is uit ’n plaas­li­ke oog­punt die sterk­ste sto­rie­ly­ne wat die twaalf­de skof van die Tour de Fran­ce gis­ter op­ge­le­wer het, toe die eer­ste wa­re berg­skof vir vuurwerke ge­sorg het.

Die Rus­ten­bur­ger Lou­is Mein­tjes het vyf­de in die skof – oor 214,5 km tus­sen Pau en Peyra­gu­des – ge­ëin­dig na­dat hy in die voor­ste bon­del oor die eind­streep ge­jaag het.

Die Frans­man Ro­main Bar­det (La Mo­di­a­le) het ge­se­ë­vier in 5 uur, 49 mi­nu­te en 38 se­kon­des, met Mein­tjes se­we se­kon­des ag­ter hom.

Dít het die 25-ja­ri­ge Mein­tjes (E­mi­ra­tes-span) op­ge­stoot van elf­de tot tien­de in die al­ge­me­ne klas­si­fi­ka­sie én sy stand in die jong ja­ers se stryd om die wit trui is ster­ker.

Met die wit­trui-dra­er Si­mon Ya­tes wat gis­ter 20 se­kon­des ná Mein­tjes in die ne­gen­de plek klaar­ge­maak het, is die SuidA­fri­ka­ner se ag­ter­stand nou 2 mi­nu­te en 38 se­kon­des.

Mein­tjes het ver­le­de jaar twee­de in die wit­trui-kom­pe­ti­sie ge­ëin­dig ag­ter Ya­tes se twee­ling­broer, A­dam. As ’n sterk klim­mer, kan hy nou po­si­tief voel oor sy kan­se om die an­der Ya­tes in te ka­trol.

“Teen die ein­de (van die skof) het din­ge baie vin­nig ge­beur. Ek is reg­tig bly oor my ver­to­ning,” het Mein­tjes vol­gens S­port360 ge­sê.

“In skof­te soos dié moet jy jou aan­val­le goed be­plan en die roe­te voor­af ken – ver­al wan- neer jy te staan kom teen span­ne soos Te­am Sky (Chris Froome se span en die pas­aan­ge­ërs in die span­kom­pe­ti­sie). An­ders mors jy jou e­ner­gie.

“Die wit­trui is iets waar­voor ek steeds werk, hoe­wel dit moei­lik gaan wees om my ag­ter­stand uit te wis. Maar wie weet, e­nig­iets kan ge­beur! Ek hoop vir die bes­te.”

Wat die stryd om die geel­trui aan­be­tref, is die kom­pe­ti­sie op sy kop ge­keer.

Fa­bio Aru (Pro Te­am) van I­ta­lië is die nu­we dra­er van die geel­trui, na­dat hy in die der­de plek oor die wen­streep ge­ry het. Froome het sy greep daar­op ver­loor toe hy se­wen­de klaar­ge­maak het. Die B­rit is nou ses se­kon­des ag­ter Aru.

Bar­det, die skof­wen­ner, is in die al­ge­he­le der­de plek – 25 se­kon­des ag­ter Aru. Mein­tjes is vier mi­nu­te en 51 se­kon­des ag­ter die voor­lo­per.

Van­dag se 13de skof sal weer die klim­mers pas. Dit sal plaas­vind oor 101 km in die berg­ag­ti­ge de­le tus­sen Saint-Gi­rons en Foix.

Fo­to: AP

Lou­is Mein­tjes (met die rooi helm) het gis­ter vyf­de in die twaalf­de skof van die Tour de Fran­ce ge­ëin­dig en tot tien­de in die al­ge­he­le klas­si­fi­ka­sie op­ge­skuif.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.