Hon­gaar maak dit twee in ry op Berg

Beeld - - Sakenuus - – S­port­re­dak­sie

Die Suid-A­fri­ka­ner Gra­e­me So­lo­mon het gis­ter waar­de­vol­le tyd in­ge­boet in die twee­de skof van die Ber­g­ri­vier-ka­no­ma­ra­thon, maar al­les is nie ver­lo­re nie.

Hy het van­dag in die lang der­de skof oor 75 km tus­sen B­rid­ge­town en Sout­kloof nog kans om sy kleim af te steek.

Die Hon­gaar A­drián Boros het sterk ge­roei en die 33 km in 2 uur, 18 mi­nu­te en 49 se­kon­des af­ge­lê. So­lo­mon was twee­de in 2:21.59.

“Ek en A­drián het die he­le dag pro­beer om ’n weg­breek­ga­ping te kry. Dit was puik, har­de roei­werk, wat ek ge­niet,” sê So­lo­mon. “Met so­wat 6 km oor het ek by die een oor­dra­punt te ver ge­hard­loop. Dit het be­te­ken die wal van die ri­vier waar ek weer moes in­klim, was te steil. A­drián het vroe­ër in­ge­klim waar die wa­ter vlak­ker was. Ek het ’n bie­tjie in die wa­ter ge­spar­tel, en toe ek te­rug is in my ka­no, was hy reeds weg.

“Hy was so­wat een mi­nuut en tien se­kon­des voor my. Ek het pro­beer om die ga­ping te ver­klein, maar ek het nog ’n fout be­gaan met ’n boom­stomp in my pad. Dit het my nog ’n paar mi­nu­te ge­kos,” sê So­lo­mon.

Boros sê sy voor­sprong van drie mi­nu­te is nie baie groot nie, maar dit is steeds ’n goeie een om te hê.

“Die wed­vaart is ver van ver­by. Ek wil mô­re (Vry­dag) net by die bon­del bly – dit sal my tak­tiek wees,” sê die Hon- gaar.

Die B­rit Keith Mou­le het ’n dra­ma­tie­se dag be­leef. Sy ka­no het vroeg in die skof rot­se ge­tref en hy moes ’n nu­we boot kry.

Hy het nie­te­min der­de ge­ein­dig.

Bi­an­ca Be­a­vitt het puik ge­roei en het haar voor­sprong in die vroue-af­de­ling tot 31 mi­nu­te ge­rek.

“Jy weet eg­ter nie wat op ’n lang skof soos mô­re s’n kan ge­beur nie.

“As jy kon­sen­tra­sie ver­loor, kan dit jou duur te staan kom,” sê Be­a­vitt.

Die wed­vaart ein­dig mô­re in Veld­drif.

Fo­to: GAMEPLAN ME­DIA | KAS­SIE KARSTEN

Bi­an­ca Be­a­vitt (Cen­tu­ry Ci­ty/Pink La­dy) het haar voor­sprong ver­dub­bel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.