Pro­tea­vroue blom be­tyds in WB­toer­nooi

Beeld - - Sakenuus - Jo­hann de Ja­ger

Die eer­ste doel­wit is be­reik – maar nog is het ein­de niet.

Die Suid-A­fri­kaan­se vrou­e­krie­ket­span het Woens­dag met sy se­ge oor Sri Lan­ka in Taun­ton vir die eer­ste keer in 17 jaar die half­eind­ron­de van die Wê­reld­be­ker­toer­nooi ge­haal.

“Ons eer­ste doel­wit met ons aan­koms in En­ge­land was om se­ker te maak ons kwa­li­fi­seer vir die half­eind, wat ons ge­doen het,” sê die af­rig­ter, Hil­ton Mo­reeng.

Trou­ens, hul­le het dit met nog een wedstryd oor voor die uit­klop­ron­des reeds ver­mag.

Dis eg­ter nie al waar­oor die brei­er bre­ë­bors is nie.

Die goeie spel­peil wat sy span tans hand­haaf, is vir hom ver­bly­dend.

“Ná die ge­stot­ter aan die be­gin van die toer­nooi teen Pa­ki­stan het din­ge net be­ter ge­raak. Ja, dit was te­leur­stel­lend om (in die vier­de wedstryd) teen En­ge­land te ver­loor, maar ons het baie lesse oor die speel­toe­stan­de daar­uit ge­leer.

“Ons voel ons speel tans goeie krie­ket en die spe­lers be­gin mooi saam­snoer soos ons wil hê,” sê Mo­reeng.

Die Pro­te­as het dit uit die staan­spoor dui­de­lik ge­maak dat hul­le En­ge­land toe is om die Wê­reld­be­ker te wen, en daar­die droom staan steeds sterk.

Voor die uit­speel­ron­des het hul­le eg­ter nog ’n moei­li­ke krag­me­ting teen Aus­tra­lië. Dié stryd en die an­der uit­slae in die laas­te ron­de groep­wed­stry­de sal be­paal wie teen wie in die half­eind­stry­de speel.

Mo­reeng sê hul­le wil teen die Aus­sies een of twee din­ge be­proef. Op die vraag of van sy spe­lers dalk rus­kans gaan kry, sê hy die me­die­se span sal eers ge­raad­pleeg word.

Die kap­tein, Dané van Nie­kerk, sê sy glo ver­al van die snel­bou­lers moet rus­kans kry.

“Ons sal sien hoe dit gaan. Die keur­ders en be­stuur sal ui­ter­aard die be­sluit neem.”

Sy wys daar­op dat Aus­tra­lië tans die “bes­te span ter wê­reld en ver­de­di­gen­de kam­pi­oen is”.

“Ons het in ’n op­war­mings­wed­stryd teen hul­le ge­speel en dit was ’n moei­li­ke dag vir ons.”

Aus­tra­lië (324/5) het dié los­ma­ker voor die toer­nooi met 103 lo­pies ge­wen.

Van Nie­kerk sê hul­le sal die Aus­sie-kol­wers ty­dens die mid­del­ste ge­deel­te van hul kolf­beurt in toom moet hou as hul­le wil saam­praat.

“Ons sal plan­ne daar­voor moet maak, want hul­le kolf tot baie laag in die kolf­or­de.”

Van Nie­kerk is met 13 slag­of­fers die voor­ste bou­ler in die toer­nooi.

Sy sê die snel­bou­lers maak haar taak baie mak­lik om­dat hul­le so­veel druk op die kol­wers aan die be­gin en in die mid­del­or­de plaas. ) Vol­gens es­p­n­cri­cin­fo.com spog die SA paal­tjie­wag­ter, T­risha C­het­ty (29), ná haar en­ke­le vang­skoot van die boul­werk van Van Nie­kerk in die wedstryd teen Sri Lan­ka, met die wê­reld­re­kord van 134 slag­of­fers ag­ter die paal­tjies.

Dit sluit 92 vang­sko­te en 42 stonk­kan­se in. Re­bec­ca Rolls, wat van 1997 tot 2007 vir Ni­euSee­land ge­speel het, het met 133 (89, 44) die re­kord ge­hou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.