Mur­ray kor­ri­geer joer­na­lis oor vroue­spe­lers

24 uur

Beeld - - Sakenuus -

An­dy Mur­ray het ’n joer­na­lis by Wim­ble­don ge­kor­ri­geer wat ge­sê het Sam Qu­er­rey is “die eer­ste A­me­ri­ka­ner” wat se­dert 2009 ’n Grand Slam­half­eind­ron­de haal.

ABC be­rig die S­kot­se ten­nis­spe­ler het die joer­na­lis her­in­ner hy ver­wys uit­sluit­lik na man­spe­lers, met A­me­ri­ka wat na­tuur­lik die laas­te paar jaar aan­sien­lik meer suk­ses in vrou­e­ten­nis be­haal het.

Qu­er­rey het Mur­ray Woens­dag in die kwart­eind­ron­de ge­klop.

Se­re­na Wil­li­ams het se­dert 2009 12 Grand Slam­ti­tels be­klink. Haar sus­ter Ve­nus het van­jaar en ver­le­de jaar die half­eind­ron­de ge­haal. Hul­le het van­jaar in die eind­stryd van die Aus­tra­lie­se Ope teen me­kaar ge­speel.

Co­co Van­de­weg­he, Ma­di­son Keys en Slo­a­ne S­te­phens het ook in die laas­te agt jaar die half­eind­ron­de van ma­jor­toer­nooie ge­haal. – S­port­re­dak­sie

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.