SA mans ver­ras so hit­te­te in Aus­tin se 150ste

Beeld - - Sakenuus -

Die Suid­A­fri­kaan­se mans­hok­kie­span het met die im­mer­groen Aus­tin S­mith aan die spits Duits­land met ’n goeie te­rug­veg­po­ging laat sweet in hul groep­wed­stryd in die Wê­reld­li­ga­half­eind­toer­nooi in Jo­han­nes­burg.

S­mith het gis­ter­aand in sy 150ste toets ge­speel. Duits­land het met 4­3 ge­wen. Suid­A­fri­ka se doel­wag­ter is aan die ein­de ver­vang met ’n “veld­spe­ler” in ’n po­ging om ’n ge­lyk­ma­ker te be­haal. Suid­A­fri­ka het aan die ein­de ’n straf­hoek ge­had, maar Duits­land het vas­ge­klou aan sy voor­sprong. Die wen­span het met 4­1 voor­ge­loop toe S­mith ’n twee­de keer van ’n straf­hoek in die kol was en Jon­ty Ro­bin­son daar­na ook een van sy trek­houe suk­ses­vol ge­de­flek­teer het.

Die Suid­A­fri­kaan­se vrou­e­span hoop op ’n eer­ste se­ge van­dag oor C­hi­li (om 14:00). Suid­A­fri­ka het met 0­0 ge­lyk­op ge­speel teen In­dië en met 1­3 teen Ar­gen­ti­nië ver­loor. – Jo­hann de Ja­ger

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.