B­rit­te dro­ë­bek ná Ve­nus hor­lo­sie te­rug­draai

Beeld - - Sport - Chris­to Bu­ch­ner

Fluit, fluit, die B­rit­se sto­rie is uit by Wim­ble­don.

Nie eens ’n vol­le 24 uur nie na­dat An­dy Mur­ray die deur ge­wys is by die All Eng­land La­wn Ten­nis and Cro­quet Club in SW19 in Lon­den, moes Jo­han­na Kon­ta ook haar tas pak om die B­rit­se on­der­steu­ners in sak en as te laat.

Ve­nus Wil­li­ams, ’n vyf­ma­li­ge kam­pi­oen, het op 37 die hor­lo­sie heel­wat te­rug­ge­draai en die oud­ste vrou se­dert Mar­ti­na Na­vra­ti­lo­va in 1994 ge­word wat die eind­stryd haal. Die A­me­ri­ka­ner het Kon­ta in ’n uur en 13 mi­nu­te met 6-4, 6-2 te ver­slaan.

By daar­die ge­leent­heid in 1994 het Na­vra­ti­lo­va vas­ge­val teen Con­chi­ta Mar­ti­nez, heel i­ro­nies die af­rig­ter en men­tor van Wil­li­ams se teen­stan­der in mô­re se eind­stryd, die 14de ge­keur­de S­pan­jaard Gar­bi­ne Mu­gu­ru­za.

Mu­gu­ru­za het slegs 65 mi­nu­te no­dig ge­had om haar half­eind­stryd teen die on­ge­keur­de Slo­waak Mag­da­le­na Ry­ba­ri­ko­va met 6-1, 6-1 te wen.

Doen Wil­li­ams mô­re wat haar jon­ger sus­ter, Se­re­na, twee jaar ge­le­de ge­doen het en klop vir Mu­gu­ru­za in die eind­stryd, sal sy Se­re­na se re­kord ver­be­ter as die oud­ste Wim­ble­don-kam­pi­oen.

Al­bei half­eind­stry­de was baie een­sy­dig en het nooit e­ni­ge hoog­tes be­reik as in­ten­se twee­stry­de nie.

Ry­ba­ri­ko­va, wat as nom­mer 87 ter wê­reld die ver­ras­sings­pak­ket in die half­eind­ron­de was, is heel­te­mal oor­wel­dig deur die ge­leent­heid en kon nie huis hou met die gro­ter krag van haar S­paan­se teen­stan­der nie.

Mu­gu­ru­za poog om maar slegs die twee­de S­paan­se vrou ná haar af­rig­ter, Mar­ti­nez, te word om die Wim­ble­don­se kroon te dra.

Die ver­wag­tin­ge was ook net te veel vir Kon­ta, wat op koers was om die eer­ste B­rit­se vrou se­dert Vi­r­gi­nia Wa­de in 1977 te word wat as vrou­e­kam­pi­oen by Wim­ble­don ge­kroon word.

Sy het haar eer­ste af­slaan­pot met ’n dub­bel­fout be­gin, maar dit da­rem da­de­lik reg­ge­stel deur ’n kis­hou te slaan.

Tog was dit Wil­li­ams wat die be­ter kan­se ge­skep het om deur te breek teen haar ses­de ge­keur­de teen­stan­der.

In daar­die tien­de pot het die druk sy tol ge­ëis toe Kon­ta, wat Hon­gaar­se ou­ers het en in Aus­tra­lië ge­bo­re is, maar nou as vol­bloed-B­rit ge­re­ken word, met ’n breek­punt teen haar die bal oor die ag­ter­baan ge­slaan het.

Met die eer­ste stel ag­ter haar naam, het Wil­li­ams se self­ver­troue ge­groei en in die vier­de pot het sy weer ’n groot slag ge­slaan met ’n deur­braak vir 3-1. ) Sam Qu­er­rey en Ma­rin Ci­lic speel van­dag se eer­ste mans-half­eind­stryd. Daar­na pak Ro­ger Fe­de­rer vir To­mas Ber­dych.

Fo­to: REU­TERS

Ve­nus Wil­li­ams is dui­de­lik in die wol­ke na­dat sy Don­der­dag die oud­ste vrou in 23 jaar ge­word het wat die Wim­ble­don­eind­stryd kon haal.

Fo­to: AP

Gar­bi­ne Mu­gu­ru­za sal mô­re in die eind­stryd teen Ve­nus Wil­li­ams te staan kom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.