Be­skerm dié trot­se re­kord

SA se­dert 2006 net een keer weg ge­klop

Beeld - - Sport - Al­tus Mom­berg

Dis nog net die twee­de krie­ket­toets, maar die Pro­te­as kom reeds voor ’n reg-of-weg-sce­na­rio te staan wan­neer hul­le van van­dag af met En­ge­land op T­rent B­rid­ge in Not­ting­ham krag­te meet.

Wen En­ge­land ook dié toets, kan Suid-A­fri­ka nie meer die reeks wen nie en loop hy ’n we­sen­li­ke ge­vaar om slegs die twee­de keer in 11 jaar ’n oor­se­se reeks te ver­loor.

Suid-A­fri­ka het die eer­ste toets op Lord’s met 211 lo­pies ver­loor en is in al die fa­set­te van die spel ore aan­ge­sit.

Faf du P­les­sis, die Pro­te­as se kap­tein, is weer aan die stuur van sa­ke na­dat hy die eer­ste toets mis­ge­loop het.

Du P­les­sis het gis­ter aan Sky S­ports ge­sê hoe­wel hy nie op Lord’s was nie, het hy sa­ke fyn dop­ge­hou.

“Dit was ’n moei­li­ke wedstryd en ek het ’n paar in­te­res­san­te din­ge ge­sien. Dit was dalk goed om dit van bui­te af dop te hou,” het hy ge­sê.

“Ons ba­sie­se vaar­dig­he­de was nie goed nie en ons het En­ge­land nie on­der ge­noeg druk ge­plaas nie.”

Du P­les­sis het be­ves­tig dat hy te­rug­keer in die plek van JP Du­miny, ter­wyl Du­an­ne O­li­vier sy twee­de toets sal speel, pleks van die ge­skors­te Ka­gi­so Ra­ba­da.

Hy wou eg­ter nie die fi­na­le elf­tal be­ves­tig nie.

Daar moet nog ge­kies word tus­sen Chris Mor­ris en T­heu­nis de Bruyn.

En­ge­land se kap­tein, Joe Root, het op sy beurt be­ves­tig dat En- ge­land die­self­de span ge­kies het as die een wat op Lord’s ge­se­ë­vier het.

As die Pro­te­as hul uit­ste­ken­de weg­re­kord die af­ge­lo­pe de­ka­de wil ge­stand doen, gaan die om­me­keer in dié toets moet plaas­vind.

Suid-A­fri­ka het se­dert sy reeks­ne­der­laag in Sri Lan­ka in 2006 slegs een keer in 18 reek­se ver­loor. Dit was toe In­dië hom in 2015 met 3-0 slae ge­gee het.

Die Pro­te­as het in dié tyd­perk twee reek­se in En­ge­land ge­wen (in 2008 met 2-1 en in 2012 met 2-0) en pro­beer op dié toer om ’n drie­kuns aan weg­reeks­se­ges oor die En­gel­se te be­haal.

Suid-A­fri­ka het in 2008 ook swak be­gin in die eer­ste toets op Lord’s, maar kon steeds ’n on­be­slis­te uit­slag af­dwing. Hy het toe te­rug­ge­slaan en die twee­de toets op He­a­ding­ley en die der­de toets op Edg­bas­ton ge­wen om die reeks te be­klink.

Die Pro­te­as was des­tyds eg­ter ’n veel meer er­va­re span en spe­lers soos Gra­e­me S­mith, Mark Bou­cher, Ja­c­ques Kal­lis en Mak- ha­ya N­ti­ni het ja­re se er­va­ring ge­had waar­op staat­ge­maak kon word.

Die Pro­te­as moet boon­op son- der hul jong blits­bou­ler Ra­ba­da oor die weg kom. Mor­né Mor­kel het van­dees­week er­ken hy gaan ’n gro­ter werk­las in die af­we­sig­heid van Ra­ba­da hê.

“My rol as se­ni­or spe­ler is om van voor af te lei. Ons gaan be­slis vir KG (Ra­ba­da) mis, ver­al om­dat hy die ver­moë het om lang skof­te te boul. Dit is eg­ter ’n ge­leent­heid vir ie­mand an­ders om sy kans aan te gryp,” het Mor­kel ge­sê.

“Dit is al­tyd lek­ker om ’n ek­stra naat­bou­ler te hê, maar as ons net drie naat­bou­lers gaan wees, gaan ons moet vas­byt en die werk in­sit.”

) En­ge­land: Alas­tair Cook, Ke­a­ton Jen­nings, Ga­ry Bal­lan­ce, Joe Root (k), Jon­ny Bair­stow, Ben S­to­kes, Moeen Ali, Li­am Daw­son, S­tu­art Bro­ad, Mark Wood, James An­der­son.

Suid­A­fri­ka (waar­skyn­lik): De­an El­gar, Hei­no Kuhn, Hashim Am­la, Faf du P­les­sis (k), Tem­ba Ba­vu­ma, Quin­ton de Kock, Chris Mor­ris, Ver­non P­hi­lan­der, Kes­hav Ma­ha­raj, Mor­né Mor­kel, Du­an­ne O­li­vier. Ses­sies (SA tye): 12:00­14: 00; 14:40­16: 40; 17:00­19: 00. TV: Reg­streeks op SS2 en GDN.

Fo­to: REU­TERS

Faf du P­les­sis

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.