Mor­kel se on­ge­luk­ki­ge 13

Beeld - - Sport - – Reu­ters

Hy’s nou die hou­er van ’n on­ge­wens­te wê­reld­re­kord, maar die Suid­A­fri­kaan­se snel­bou­ler Mor­né Mor­kel gaan nie aan sy aan­loop tor­ring voor die twee­de toets teen En­ge­land nie.

Toe Mor­kel Ben S­to­kes ver­le­de week op Lord’s met ’n fout­bal skoon­ge­boul het, was dit die 13de keer dat hy só van ’n paal­tjie ont­neem is in toets­krie­ket.

“Ie­mand moet se­ker die re­kord hou. Dis 13 paal­tjies wat ek graag in die bank sou wou ge­had het, maar dis hoe dit is,” het hy ge­sê.

Ken­ners meen sy fout­bal­koors is aan sy lang le­de­ma­te te wy­te, maar Mor­kel (1,98 m), glo nie dit sal help om sy aan­loop te pro­beer wy­sig nie.

“Ek kan nie my aan­loop lan­ger maak nie. Ek kan dit ook nie ver­kort nie. Ek gaan hou by wat ek al­tyd doen.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.