3 wóú dood­brand

Self­dood in vlam­me eis nog een

Beeld - - Front Page - Ma­rie­tie Louw­Car­stens

‘Hy was moeg . . . hy was net moeg.”

So sê JP de Kock na­dat sy le­wens­maat, Wer­ner Mat­thee-S­try­dom (36), hom­self Woens­dag in sy mo­tor by ’n tee­plan­ta­sie bui­te T­za­neen in Lim­po­po aan die brand ge­steek het.

Sy­ne was die jong­ste van drie self­dood­aan­slae in ’n kort tyd in die land waar men­se hul­self aan die brand ge­steek het (sien hier­naas).

De Kock sê Mat­thee-S­try­dom, wat in ’n tak van Ab­sa in T­za­neen ge­werk het, was ’n de­pres­sie­ly­er. Dit is nie be­kend of hy me­di­sy­ne ge­bruik het nie.

“Hy was ’n baie lief­de­vol­le mens. Sy hand was al­tyd oop vir an­der en hy het ’n k­lein hart­jie ge­had,” sê ’n hart­seer De Kock.

Mat­thee-S­try­dom het Woens­dag­mid­dag om­streeks 13:00 in sy Toyo­ta na die Sa­pe­koe-tee­plan­ta­sie langs die R71 op pad na Ma­goe­bas­kloof ge­ry.

B­rig. Mot­la­fe­la Mo­ja­pe­lo, po­li­sie­woord­voer­der in Lim­po­po, sê plaas­wer­kers het ge­sien hoe die mo­tor met die kron­ke­len­de grond­pad tot aan die bo­punt van die tee­plan­ta­sie ge­ry het.

Kort na­dat die mo­tor langs ’n leë ge­bou, wat uit­kyk oor die lo­wer­groen plan­ta­sie en ber­ge, stil­ge­hou het, het dit in vlam­me uit­ge­bars. Hy het die mo­tor in Maart ge­koop.

Mo­ja­pe­lo sê nie­mand kon iets doen om Mat­thee-S­try­dom te help nie en geen mis­daad word ver­moed nie. Die po­li­sie se fo­ren­sie­se een­heid is nog be­sig om te be­paal pre­sies hoe die brand ont­staan het.

Mat­thee-S­try­dom se laas­te in­skry­wing op Facebook Woens­dag 12:15 lui: “Ek wil van­dag net dan­kie sê vir elk­een van jul­le vir die lief­de wat jul­le my ge­gee het. Baie lief­de.”

Hy het die bood­skap met drie rooi hart­jies af­ge­sluit.

De Kock het Woens­dag­mid­dag 15:19 in ant­woord op dié in­skry­wing ge­skryf: “Ek gaan jou so mis, hoe­kom kon jy dit doen.” (sic)

Hy het Vry­dag ge­sê: “Wer­ner moet be­sef hoe lief ek hom ge­had het.”

Vrien­de be­skryf hom op Facebook as “’n on­ge­loof­li­ke mens met ’n k­lein hart­jie”.

Mat­thee-S­try­dom het in A­pril op Facebook ge­skryf men­se moet die huts­merk #Sui­ci­deA­wa­re­ness deel.

Be­graf­nis­re­ë­lings word nog ge­tref.

Zel­da Bui­ten­dag, ’n kli­nie­se siel­kun­di­ge van Po­lo­kwa­ne, sê dit is in­der­daad “on­ge­woon en min­der al­ge­meen’’ dat ie­mand sy of haar eie le­we pro­beer be­ëin­dig deur hom of haar­self aan die brand te steek.

“Dit is ’n baie ag­gres­sie­we ma­nier en kom meer by mans as by vroue voor.”

Sy sê die ge­moeds­toe­stand van so ’n mens kan moont­lik deur psi­go­se be­ïn­vloed word.

“Daar kan nie ver­al­ge­meen word nie, want el­ke mens ver­skil, maar dit is be­slis ’n baie wre­de ma­nier om jou le­we te be­ëin­dig.”

Nóg ’n siel­kun­di­ge, wat nie sy naam ge­noem wil hê nie, sê dit is moei­lik om te sê of men­se wat hul­self aan die brand steek moont­lik an­der voor­val­le, waar­van in die me­dia ge­lees of ge­hoor word, na­boots.

Die Suid-A­fri­kaan­se De­pres­sie-en-angs­groep kan ge­bel word by 0800 567 567 of 0800 12 13 14.

Wer­ner Mat­thee­S­try­dom (36) se Toyo­ta C­HR in lig­te laaie by die Sa­pe­koe­tee­plan­ta­sie bui­te die dorp. Links: Mat­thee­S­try­dom in Maart by sy splin­ter­nu­we mo­tor waar­in hy Woens­dag bui­te T­za­neen dood­ge­brand het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.