Holomisa pleit by M­be­te voor ‘groot be­sluit’

Beeld - - Nuus - P­hil­da Es­sop

Ba­le­ka M­be­te, spea­ker van die Na­si­o­na­le Ver­ga­de­ring, moet die in­ti­mi­da­sie van ANC-LP’s en “toe­koms­ti­ge na­de­li­ge ge­vol­ge” in ge­dag­te hou wan­neer sy haar be­sluit neem oor die stem­pro­ses in die wan­trou­e­mo­sie in p­res. Ja­cob Zu­ma.

Ban­tu Holomisa, UDM-lei­er, het dié ver­soe­ke ge­rig in sy voor­leg­ging aan M­be­te, wat moet be­sluit of die stem­me­ry in die ope of in die ge­heim moet plaas­vind. Die de­bat oor die wan­trou­e­mo­sie word op 8 Au­gus­tus ge­hou.

Die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof het op 22 Ju­nie be­slis die spea­ker het wel die dis­kre­sie om oor die stem­pro­ses te be­sluit.

Ná die hof se uit­spraak het M­be­te po­li­tie­ke par­tye ge­vra om voor­leg­gings daar­oor aan haar te doen. Hul­le het tot gis­ter kans ge­had om dit te doen.

Holomisa, wat die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof ge­vra het om ’n be­slis­sing oor ’n ge­hei­me stem­me­ry, het in sy brief aan M­be­te ge­skryf: “Jy is as die on­par­ty­di­ge spea­ker van die raad die ver­ant­woor­de­lik­heid ge­gee om die on­be­skaam­de in­ti­mi­da­sie wat ANC-LP’s reeds er­vaar en die drei­ge­ment van toe­koms­ti­ge ne­ga­tie­we ge­vol­ge te oor­weeg sou die stem­me­ry in die ope plaas­vind.

“Hier­die is nie kwes­sies waar­mee ge­speel moet word nie.

“Ons smeek jou om jou aan­dag te be­paal by die kon­sti­tu­sio- ne­le hof se uit­spraak en by wat dalk met die o­pen­ba­re ver­teen­woor­di­gers kan ge­beur as die stem­me­ry nie in die ge­heim plaas­vind nie.”

Non­ce­ba Mhlau­li, ANC-woord­voer­der, het by na­vraag ge­sê die be­na­de­ring van die re­ge­ren­de par­ty is dat hy die be­sluit van die spea­ker sal steun, het­sy dit ’n ope of ge­hei­me stem­me­ry sal wees.

Mhlau­li het daar­op ge­wys dat die ANC vroe­ër aan­ge­dui het dat hy nie teen ’n ge­hei­me stem­pro­ses ge­kant is nie.

John Steen­hui­sen, DA-hoof­sweep, het gis­ter by na­vraag ge­sê sy par­ty sal so­dra haar be­sluit be­kend is, haar re­des daar­voor vra.

“Ons sal oor­deel of die re­des op ra­si­o­na­li­teit en re­de­lik­heid ge­grond is en nie net met ’n en­ke­le po­li­tie­ke par­ty in ge­dag­te nie,” het hy ge­sê.

Cor­né Mul­der, die hoof­sweep van die VF Plus, het ge­sê ’n ge­hei­me stem­ming is die e­nig­ste ma­nier waar­op ANC-le­de son­der vrees sal kan stem.

“’n Be­sluit teen ’n ge­hei­me stem­ming sou ir­ra­si­o­neel wees en sal op her­sie­ning ge­neem word ge­sien in die lig van die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof se uit­spraak oor die aan­ge­leent­heid.” ) Die EFF het ver­le­de maand kort ná die hof­uit­spraak in ’n ver­kla­ring ge­sê hy wil hê die stem­me­ry moet in die ge­heim plaas­vind.

Die par­ty het M­be­te toe ge­maan dat sy gron­di­ge re­des sal moet hê in­dien sy be­sluit om nie ’n ge­hei­me stem­pro­ses toe te laat nie.

In­dien nie, sal die EFF die be­sluit op her­sie­ning neem.

Ons smeek jou om jou aan­dag te be­paal by die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof se uit­spraak en by wat dalk met die o­pen­ba­re ver­teen­woor­di­gers kan ge­beur as die stem­me­ry nie in die ge­heim plaas­vind nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.