Ro­le­ne S­trauss pronk tus­sen wê­reld se mooi­stes

Beeld - - Nuus - Na­di­ne T­heron Ro­le­ne S­trauss saam met Mej. Wê­reld 2016, S­te­pha­nie del Val­le.

Ro­le­ne S­trauss, Mej. Wê­reld 2015 wat van die Vry­staat af kom, het Don­der­dag­aand ge­spran­kel toe sy die heer­sen­de Mej. Wê­reld, S­te­pha­nie d el Val­le, by’ n geld­in­sa­me­ling s ge­leent­heid ont­moet het.

Al die wen­ners in die Mej. Wê­reld- kom­pe­ti­sie is tans in SuidA­fri­ka vir’ n lief­da­dig­heid stoer as deel van die Stop Hun­ger Now-veld­tog. Mand­la Man­de­la, oud­pres. Nel­son Man­de­la se klein­seun, is ’n in­ter­na­si­o­na­le am­bas­sa­deur vir die veld­tog en die oud­pre­si­dent se vrou, Graça Ma­chel, is die be­skerm­vrou van die or­ga­ni­sa­sie.

Man­de­la het in Ju­nie aan­ge­kon­dig die skoon­heids­ko­nin­gin­ne van Mej. Wê­reld sal plaas­li­ke kin­der­sorg­sen­trum s be­soek as’ n hul­de­blyk aan sy ou­pa in die week waar­in hy ge­bo­re is. Man­de­la­dag word Dins­dag ge­vier.

Die skoon­he­de het vroeg van­dees­week in die land op­ge­daag vir die ge­leent­heid. S­trauss het Don­der­dag­aand saam met hul­le ’n glans­ry­ke ga­la-ete vir die Stop Hun­ger Now-veld­tog in die Sand­ton­se In­ter­na­si­o­na­le Kon­fe­ren­sie­sen­trum by­ge­woon.

Selfs tus­sen van die mooi­ste vroue ter wê­reld het dié nu­we ma en me­die­se stu­dent uit­ge­staan in ’n lig­pienk sa­tyn­rok van Bi­ji La Mai­son Cou­tu­re.

Sai­ra K­han, uit­voe­ren­de hoof van Stop Hun­ger Now SA, sê hul­le poog met van­jaar se uit­da­ging om ver­le­de jaar se tei­ken van tien mil­joen kos­pak­kies te klop.

Stop Hun­ger Now SA se #Ri­se4Good-uit­da­ging is ’n mas­sie­we wêreldwye uit­da­ging waar ses lan­de en ver­skeie ste­de in SuidA­fri­ka in Ju­lie mil­joe­ne kos­pak­kies vir hon­ger kin­ders ver­pak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.