Hul­le het ook ge­brand

Beeld - - Nuus -

) Su­san van Rooy­en (53) van Rand­fon­tein in Gau­teng het Maan­dag­mid­dag voor ’n drank­win­kel in U­ni­on­straat pe­trol oor haar­self ge­gooi en aan die brand ge­steek.

Van Rooy­en het glo vroe­ër vir haar dog­ter, Su­san Cloete, ge­sê sy is “moeg en wil nie meer le­we nie”.

Van Rooy­en is tans in die Le­ra­tong­hos­pi­taal.

Haar dog­ter sê bi­po­lê­re ge­moeds­ver­steu­ring is vroe­ër by haar ma ge­di­ag­no­seer. (sien be­rig bo) ) In ’n an­der brand­tra­ge­die het Ru­di Prins­loo (39) op 5 Ju­lie die meent­huis in Rus­ten­burg waar hy en sy fa­mi­lie ge­bly het aan die brand ge­steek.

Ru­di het in ’n woe­de­bui pe­trol in die meent­huis uit­ge­gooi. Hy het ver­kool.

Sy vrou, A­ni­ta (43), is Dins­dag in die Mil­park­hos­pi­taal in Jo­han­nes­burg dood na­dat sy der­de­graad­se brand­won­de oor groot de­le van haar lyf op­ge­doen het.

A­ni­ta se broer, Ja­c­ques Be­zui­den­hout (44), is ook dood aan brand­won­de wat hy in die voor­val op­ge­doen het.

Ru­di Prins­loo van Rus­ten­burg wat op 5 Ju­lie dood is toe hy sy meent­huis aan die brand ge­steek het. Sy vrou, A­ni­ta, is Dins­dag oor­le­de.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.