‘Pro­te­as nou mid­del­ma­tig – aan­vaar dit’

Beeld - - Nuus - – S­port24

Gra­e­me Pol­lock, een van die bes­te SuidA­fri­kaan­se krie­ket­spe­lers van al­le tye, meen die Pro­te­as sal moet vre­de maak met mid­del­ma­tig­heid in­dien ras­se-trans­for­ma­sie en -kwo­tas die kri­te­ria vir die keu­se van span­ne bly.

Pol­lock gee toe spe­lers van sy era kon meer ge­doen het om teen die stel­sel in op­stand te kom, maar hy is be­kom­merd dat die weeg­skaal nou te ver in die an­der rig­ting ge­swaai het.

Hy sê Suid-A­fri­ka het dit reg ge­doen toe Gra­e­me S­mith kap­tein was.

Suid-A­fri­ka speel nou in die twee­de toets teen En­ge­land op T­rent B­rid­ge. Hul­le het die eer­ste toets op Lord’s met 211 lo­pies ver­loor.

Pol­lock glo po­li­tie­ke­ry on­der­myn SuidA­fri­ka se ver­moë om op die duur suk­ses­vol op toets­vlak te wees.

“Die pro­bleem is po­li­tiek en die in­men­ging wan­neer ’n span ge­kies word. Dit be­na­deel die span se ver­to­ning om­dat hul­le nie die bes­te 11 spe­lers op die veld plaas nie. Dit gaan nooit ver­an­der nie. As SuidA­fri­ka­ners moet ons aan­vaar dat die Pro­te­as op toets­vlak bloot mid­del­ma­tig gaan wees,” het Pol­lock in Lon­den ge­sê.

Se­dert Au­gus­tus moet die na­si­o­na­le krie­ket­span ses spe­lers van kleur, waar- van twee et­nies swart moet wees, kies.

Op plaas­li­ke vlak word aan­ge­dring op ses spe­lers van kleur waar­van drie et­nies swart moet wees.

Vol­gens Pol­lock is dit juis op hier­die vlak waar die ge­vol­ge die groot­ste is.

Hy het die aan­vangs­kol­wer Hei­no Kuhn as ’n voor­beeld ge­bruik.

“Jy moet nou ’n spe­ler soos Hei­no Kuhn, wat ’n paar hon­derd­tal­le op eer­ste­rang­se vlak aan­ge­te­ken het, kies, maar hy is nie goed ge­noeg om toets­krie­ket te speel nie.”

Ky­le Ab­bott en Ri­lee Ros­souw, wat al­bei vir Hamps­hi­re speel, is en­ke­le van die tal­le spe­lers wat hul in­ter­na­si­o­na­le loop­baan op­ge­skort het om eer­der graaf­skap­krie­ket in En­ge­land te speel.

Faf du P­les­sis, Suid-A­fri­ka se toet­s­kap­tein, hou vol trans­for­ma­sie kan nie as ver­sko­ning vir die span se swak spel ge­bruik word nie.

“Bin­ne die kon­teks van die span was dit nog nooit ’n uit­da­ging nie. Ons ver­staan wat ons doen, wat om te ver­wag en wat die bes­te vir ons land is.”

Pol­lock se loop­baan is in 1970 kort­ge­knip. In slegs 23 toet­se het hy 2 256 lo­pies, wat se­we hon­derd­tal­le in­sluit, aan­ge­te­ken. ’n An­ti-a­part­heids­boi­kot het SuidA­fri­ka vir meer as 20 jaar in die in­ter­na­si­o­na­le krie­ket­wil­der­nis ge­hou.

“Ek het ge­dink dit sou uit­ge­pluis word voor­dat 22 jaar ver­by is,” sê Pol­lock.

Hy was een van die Suid-A­fri­kaan­se spe­lers wat in 1971 in ’n plaas­li­ke wed­stryd vlug­tig van die veld ge­loop het, maar sê dit was nie ge­noeg nie.

Fo­to: GALLO IMAGES

Gra­e­me Pol­lock

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.