Hou op kla, maan pous

Beeld - - Nuus -

Die te­ken op die deur na pous Fran­cis­kus se woon­kwar­tier in die Va­ti­kaan­stad: “’n Ge­kla is ver­bo­de”, stel dit dui­de­lik hoe hy oor se­ke­re be­soe­kers voel. Die te­ken sê in I­ta­li­aans kla­kou­se “ly aan ’n sin­droom wat hul­le al­tyd soos ’n slag­of­fer laat voel” en ver­min­der hul hu­mor­sin en ver­moë om pro­ble­me op te los. ’n Sel­foon­fo­to daar­van is gis­ter op die koe­rant Va­ti­can In­si­der se web­werf ge­pu­bli­seer. Die I­ta­li­aan­se siel­kun­di­ge en skry­wer van self­help­boe­ke Sal­vo Noe het dit on­langs aan die pous ge­gee, be­rig Reu­ters. “Die ge­vol­ge (van ’n ge­kla) word ver­dub­bel in­dien dit voor kin­ders plaas­vind,” lui die ken­nis­ge­wing. “Om die bes­te uit jou­self te haal, kon­sen­treer op jou po­ten­si­aal en nie jou be­per­kings nie. Hou op kla en doen iets om jou le­we te ver­be­ter.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.