Lykskou­ing vat lank oor ag­ter­stand

Beeld - - Nuus - Ü­gen Vos

D­ries “Blou­bul” Bo­tha, die ver­moor­de boer van Noord­wes wie se be­graf­nis uit­ge­stel moes word weens die ag­ter­stand by Gau­teng­se lyk­hui­se, se oor­skot sal bin­ne­kort tuis wees.

Die lykskou­ing is uit­ein­de­lik gis­ter­og­gend ge­doen en hy sal se­ker mô­re in B­rits wees, het To­bie S­top­forth, sy swa­er, gis­ter­aand ge­sê.

S­top­forth het die af­ge­lo­pe week ver­skeie ke­re ver­geefs pro­beer om sy swa­er se lyk te kry.

Hy sê hy was gis­ter om­streeks 11:00 weer in Jo­han­nes­burg, maar kon toe weer nie die oor­skot kry nie.

Die staats­lyk­huis het die fa­mi­lie om­streeks 16:15 laat weet Bo­tha se lykskou­ing is ge­doen en sy lyk kan ge­haal word.

“Dit gee die fa­mi­lie da­rem ’n k­lein bie­tjie be­rus­ting, want nou kan ons ten min­ste die be­graf­nis­re­ë­lings be­gin tref,” sê S­top­forth.

Jo­han de Win­naar, die be­graf­nis­on­der­ne­mer wat die be­graf­nis sou be­har­tig, het Don­der­dag­aand ge­sê die diens kan weens die ag­ter­stand in lyk­skou­ings nie voort­gaan nie.

Leon Bas­son, ’n fa­mi­lie­vriend en DA-LP in die Ma­di­beng-mu­ni­si­pa­li­teit, was uit­ein­de­lik ge­nood­saak om die po­li­sie se sek­tor­be­vel­voer­der in B­rits te vra om die po­li­sie­ge­ne­raal vir die Ma­di­beng-om­ge­wing om hulp te na­der.

Die po­li­sie het daar­na ge­re­ël dat die lykskou­ing ge­doen word en sy lyk na Noord­wes ge­stuur word.

“Ons is op­reg dank­baar vir die po­li­sie se hulp om die saak af­ge­han­del te kry, maar dit is uit ’n po­li­tie­ke oog­punt ’n groot jam­mer­te dat die si­tu­a­sie ons ge­nood­saak het om op te tree,” sê Bas­son.

Vol­gens hom sou Bo­tha se lyk gis­ter by die be­graf­nis­on­der­ne­mer A­vbob in Jo­han­nes­burg ge­hou word en word hy van­og­gend na Noord­wes ge­bring.

“Die fa­mi­lie kan nou ten min­ste voort­gaan met die no­di­ge re­ë­lings.

“Ek voel baie jam­mer vir

D­ries “Blou­bul” Bo­tha en sy vrou, D­rie­ka (53).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.