Fa­mi­lie wil weet waar­om en hoe jong ar­gi­tek sterf

Beeld - - Nuus - – Je­a­nel­le G­rey­ling

Eers as die ver­slag van die ge­reg­te­li­ke doods­on­der­soek be­kend is, sal die Jo­han­nes­burg­se ar­gi­tek Ed­ward Blon­ski (32) se fa­mi­lie ge­moeds­rus oor sy dood hê.

Blon­ski se lyk is Dins­dag­aand by die Die­re­tuin­meer in Park­view ge­vind na­dat daar lan­ger as twee we­ke na hom ge­soek is.

Sy nig­gie Ja­c­que­li­ne Wi­j­ten­burg (42) sê af­slui­ting kom in twee de­le: “Die eer­ste deel is wan­neer jy sy lyk ge­kry het en se­ker­heid het dat hy dood is. Die twee­de deel is om te ver­staan hoe en waar­om hy dood is.”

Sy fa­mi­lie wag steeds op die ver­slag en kon dus nog nie af­slui­ting kry nie.

“Ek en my man praat dik­wels oor wat ge­beur het. Of Ed­ward by die Die­re­tuin­meer ver­moor is en of hy op ’n an­der plek ver­moor is en ná sy dood soon­toe ge­neem is.

“Of dit ’n on­ge­luk weens ’n gryp­dief­stal was en of hy sy eie le­we be­ëin­dig het,” sê sy.

Blon­ski is die laas­te keer op 24 Ju­nie op vi­de­o­beeld­ma­te­ri­aal vas­ge­vang ter­wyl hy ge­draf het, be­rig News24. Daar­in dra hy ’n blou T-hemp en ’n wit kort­broek, maar geen skoe­ne nie.

Kapt. Tintswa­lo Si­be­ko van die Park­view-po­li­sie­kan­toor het be­ves­tig dat ’n ge­reg­te­li­ke doods­on­der­soek in­ge­stel is.

Ed­ward Blon­ski

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.