Ro­wer sterf, ne­ge an­der vas ná skie­te­ry by krui­sing

Beeld - - Nuus - – Ma­rie­tie Louw­Car­stens

’n Tran­si­to­ro­wer is in ’n wil­de skie­te­ry met die po­li­sie bui­te Le­bo­wak­go­mo in Lim­po­po dood­ge­skiet.

Da­vid Mo­kete (52) is Woens­dag­mid­dag in ’n sil­wer BMW, wat vroe­ër in P­re­to­ria ge­kaap is, in ’n koe­ël­re­ën dood. Langs sy be­bloe­de lyk was ’n swaar­ka­li­ber­ge­weer wat vroe­ër die dag in die tran­si­to­roof­tog ge­bruik is.

B­rig. Mot­la­fe­la Mo­ja­pe­lo, po­li­sie­woord­voer­der in Lim­po­po, sê agt van Mo­kete se mak­kers is in heg­te­nis ge­neem.

Die swaar ge­wa­pen­de ben­de van tien ro­wers het Woens­dag­mid­dag op ’n G4S­geld­wa toe­ge­slaan.

Mo­ja­pe­lo sê die ro­wers het in die BMW, ’n rooi Ford Kia, wit Ford Ran­ger-bak­kie en ’n rooi Volks­wa­gen Po­lo die geld­wa van die pad ge­dwing. Die vei­lig­heids­wag­te is on­ge­deerd.

’n Taak­span van die po­li­sie wat fo­kus op ge­wa­pen­de roof­tog­te het in sa­me­wer­king met die Le­bo­wak­go­mo-po­li­sie blit­sig op die ro­wers toe­ge­slaan en eers drie van die mans in heg­te­nis ge­neem.

Die res het weg­ge­jaag na die Ga-Ma­se­mo­la-ge­bied. Die po­li­sie het ag­ter­na ge­jaag en by die be­si­ge A­pel-krui­sing op die ro­wers los­ge­brand. Hul­le het te­rug­ge­skiet op die po­li­sie en Mo­kete is toe dood­ge­skiet. Nog ’n ro­wer is ge­wond en die res is in heg­te­nis ge­neem. Die ge­won­de ro­wer is on­der po­li­sie­be­wa­king in ’n hos­pi­taal in die ge­bied.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.