10111 se wer­kers wil staak oor hul­le nie be­vor­der is

Beeld - - Nuus - – Je­a­nel­le G­rey­ling

Werk­ne­mers van die po­li­sie se 10111-in­bel­sen­trum dreig om vol­gen­de Woens­dag land­wyd te staak in­dien die SuidA­fri­kaan­se Po­li­sie­diens (SAPD) nie aan hul ei­se ge­hoor gee nie.

Die werk­ne­mers se vak­bond, die Suid-A­fri­kaan­se Po­li­sie-u­nie (Sa­pu), sê in sy ken­nis­ge­wing aan die SAPD genl. Ri­ah P­hiy­e­ga, voor­ma­li­ge na­si­o­na­le po­li­sie­kom­mis­sa­ris, het die ver­wag­ting by die werk­ne­mers ge­skep dat hul­le be­vor­der gaan word.

P­hiy­e­ga het glo ’n taak­span aan­ge­stel wat aan­be­veel het dat die be­amp­tes van ’n vlak 5-sa­la­ris tot dié van vlak 7 be­vor­der word.

“Die werk­ne­mers by in­bel­sen­trums van an­der staats­de­par­te­men­te is ho­ër ge­gra­deer as dié by 10111,” lui die ken­nis­ge­wing, wat op 11 Ju­lie aan die SAPD oor­han­dig is.

Os­car S­kom­me­re, hoof­se­kre­ta­ris van Sa­pu, sê hul­le het die SAPD in­ge­vol­ge die Wet op Ar­beids­ver­hou­din­ge nou se­we dae ken­nis ge­gee voor­dat hul­le staak.

“Die po­li­sie het op die ken­nis­ge­wing ge­re­a­geer en aan­ge­dui dat die sta­king ver­my kan word.

“Ons wag nog op te­rug­voe­ring oor wan­neer (die SAPD) by­me­kaar wil kom om te on­der­han­del.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.