Voor­trek­kers ’n ‘be­hoort­plek’

Beeld - - Nuus - – Ru­an Bru­wer

Die Voor­trek­kers se toe­koms en re­le­van­sie sal ver­se­ker wees in­dien hy s­terk klem plaas op ge­sin­ne en al­mal daar tuis voel, meen die Voor­trek­kers se hoof­lei­er.

Dr. Da­nie Lang­ner het gis­ter, toe hy vir sy twee­de ter­myn van vier jaar as hoof­lei­er van Die Voor­trek­kers in­ge­hul­dig is, ge­sê hul­le wil in­klu­sief wees en ’n “be­hoort­plek” aan e­nig­ie­mand bied.

“Die be­lang­rik­ste span in Die Voor­trek­kers is die ge­sin. Dit be­hoort ’n plek te wees waar al­mal wel­kom en tuis is.

“Ons is nie net ’n ver­e­ni­ging met ’n fo­kus op kul­tuur, a­von­tuur of na­tuur nie, maar al drie van hul­le. Ons wil op ’n mo­der­ne ma­nier din­ge doen wat lek- ker vir jon­ge­lin­ge is. Dit moet ’n be­le­we­nis wees.

“Waar kan ’n kind dees­dae in ’n vei­li­ge om­ge­wing berg klim, in die ri­vier swem of langs ’n kamp­vuur sit? By Die Voor­trek­kers ge­beur dit.”

Die he­le Lang­ner-ge­sin van agt is al­mal Voor­trek­kers en was die na­week in Bloem­fon­tein vir die 23ste vier­jaar­lik­se na­si­o­na­le kon­gres.

Die in­hul­di­ging s pleg­tig­heid i son­der’ n o­lien­hout­boom, be­kend as die Sa­mes we­rings­boom, op On­ze Rust, fa­mi­lie­plaas van oud­pres. M.T. S­teyn, ge­hou.

“Ons wil niks an­ders wees of doen as om ’n kom­pas vir ons kin­ders te wees nie,” sê Lang­ner.

Fo­to: MLUNGISI LOUW

Die Lang­ner­ge­sin wil die voor­beeld stel dat ’n ge­sin saam pret in Die Voor­trek­kers kan hê. Die ge­sin is voor, van links, Ca­ri­ke (13), Du­ané (9), ma Me­la­nie, Me­rie (9), pa Da­nie (hoof­lei­er) en An­ne­ke. Ag­ter is Ni­ël (14) en Da­ni­ël (13).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.