Trump se Mex­i­ko­muur dalk net ge­deel­te­lik ge­bou

Beeld - - Nuus -

P­res. Do­nald Trump se muur gaan heel moont­lik nie langs die he­le grens tus­sen A­me­ri­ka en Mex­i­ko ge­bou word nie.

Trump het Don­der­dag ge­sê die muur hoef nie die he­le grens van 3 200 km te be­slaan nie om­dat daar ook na­tuur­li­ke ver­sper­rings is. Die grens strek oor vier deel­sta­te.

Trump het op ’n vlug van Washing­ton na Pa­rys aan ver­slag­ge­wers ge­sê: “Jy het ber­ge. Jy het ’n paar ri­vie­re wat on­stui­mig en ge­vaar­lik is. Jy het ’n paar de­le wat so ver weg is dat jy nie reg­tig men­se het wat (die grens daar ) oor­steek nie.

“Maar jy gaan (’n muur van) tus­sen 1 127 km en 1 148 km no­dig hê.”

Trump sê dit is be­lang­rik dat die muur van so ’n aard is dat wag­te “ko­men­de ge­vaar” kan sien.

“Dit klink aak­lig, maar as hul­le die groot sak­ke met dwelms oor­gooi en as jy men­se aan die an­der­kant van die muur het, sien jy hul­le nie. Hul­le slaan jou oor die kop en dis ver­by,” sê Trump.

Hy het in sy ver­kie­sings­veld­tog in 2016 be­lo­we om ’n grens­muur te bou om on­wet­ti­ge im­mi­gra­sie te ver­hin­der. Dit het be­trek­kin­ge tus­sen A­me­ri­ka en

Beeld

Mex­i­ko ver­troe­bel, want hy wou Mex­i­ko dwing om vir die muur te be­taal.

Trump het se­der­tien ge­sê A­me­ri­ka sal voor­lo­pig vir die muur be­taal, maar hy sal ’n ma­nier vind om Mex­i­ko te dwing om A­me­ri­ka te­rug te be­taal.

7

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.