Droog­te knou uit­voer van sag­te­vrug­te erg

Beeld - - Nuus - Fran­cois Wil­li­ams Ap­pel­uit­voer kan van­jaar met so­veel per­sent daal ver­ge­le­ke met ver­le­de jaar se sy­fers.

Die sag­te­vrug­te­be­dryf het eers ver­wag sy uit­voer­vo­lu­mes sal van­jaar met 5% groei, maar weens die kli­maat en die droog­te word ’n da­ling van tus­sen 6% en 9% nou vir uit­voer ver­wag.

Die Suid-A­fri­kaan­se Ap­pe­len Peer­pro­du­sen­te­ver­e­ni­ging (Saap­pa) sê eers is ver­wag uit­voer sal met 5% groei dank­sy nu­we boor­de wat in pro­duk­sie ge­kom het. Maar na­ma­te die oes­sei­soen ge­vor­der het, het die be­dryf be­sef die ver­wag­te vo­lu­mes gaan nie ’n werk­lik­heid word nie. Die groot­te van vrug­te en die hoe­veel­heid daar­van aan bo­me is deur ’n kom­bi­na­sie van hit­te­golf­toe­stan­de en die droog­te ge­raak.

Die hui­di­ge vo­lu­mes wat ge­stoor word te­sa­me met uit­voer­sy­fers tot dus­ver, is ge­bruik as ba­sis vir die af­waart­se aan­pas­sing in die ver­wag­te uit­voer­sy­fers.

Ap­pel­uit­voer kan met 9% of 3 mil­joen kar­ton­ne van 12,5 kg tot 31 mil­joen kar­ton­ne daal ver­ge­le­ke met 2016 se sy­fers.

Pe­re se uit­voer kan met 6% of 978 386 kar­ton­ne tot 17,7 mil­joen kar­ton­ne daal.

Wat ap­pels be­tref, is Pink La­dy se uit­voer­vo­lu­mes 29% la­er, Fu­ji s’n 16% la­er en dié van Gran­ny S­mith 20% en Gol­den De­li­ci­ous 11% la­er.

Saap­pa ver­wag ’n moei­li­ke sei­soen wat op­brengs­te vir vrug­te­boe­re en wins­ge­wend­heid be­tref weens die ster­ker rand teen­oor die ver­naam­ste geld­een­he­de (dol­lar, pond en eu­ro), te­sa­me met die la­er uit­voer­vo­lu­mes.

Peer­uit­voer van Wil­li­ams Bon Chré­tien is 5% la­er weens klei­ner vrug­te­groot­tes, maar ook goeie bin­ne­land­se vraag van die in­maak­be­dryf en ’n swak­ker vraag uit die in­voer­lan­de van die Noor­de­li­ke Half­rond. Die uit­voer van Pack­ham’s T­ri­umph (-4%) en A­ba­te Fe­tel (-14%) is la­er, ter­wyl die uit­voer van Fo­rel­le­pe­re die­self­de as die vo­ri­ge sei­soen is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.