SA vul­kaan uit ruim­te ge­sien

Beeld - - Nuus - El­sa­bé B­rits

’n Fo­to van die reu­se-oer­vul­kaan­kom­pleks in die Pi­la­nes­berg is gis­ter uit­ge­reik.

Die fo­to is ge­neem deur die Co­per­ni­cus Sen­ti­nel-2B-sa­tel­liet van die Eu­ro­pe­se Ruim­te­a­gent­skap (ERA) wat in Maart van­jaar ge­lan­seer is.

Vol­gens die ERA kan die ge­o­lo­gie­se ak­ti­wi­teit, wat al lan­ger as 1 mil­jard jaar be­staan, ge­sien word. Die ron­de struk­tuur op die fo­to is ’n reu­se­vul­kaan van eens 7 000 m hoog wat die land­skap soos dit nou daar uit­sien weens e­ro­sie ge­vorm het. Die kon­sen­trie­se krin­ge, wat nou uit heu­wels be­staan, het ’n deur­snee van 25 km.

Die sir­kels wat ge­vorm word, staan be­kend as ’n kring­gang en kom nie al­ge­meen voor nie. Dit vorm on­der meer wan­neer mag­ma van on­der af deur die rots druk.

Wa­ter kan op die fo­to’s ge­sien word en die Mank­we-dam is die groot­ste wa­ter­dra­en­de struk­tuur. Dit is ge­bou voor­dat die Pi­la­nes­berg ’n re­ser­vaat ge­word het.

Die in­fra­struk­tuur om die vul­kaan kan ook ge­sien word.

Fo­to: SEN­TI­NEL­2B, ERA

Die oer­vul­kaan in die Pi­la­nes­berg soos af­ge­neem deur die sa­tel­liet Co­per­ni­cus Sen­ti­nel­2B van die Eu­ro­pe­se Ruim­te­a­gent­skap.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.