K­wa­de nou in die ope

Beeld - - Kommentaar - Hen­da S­ch­lim­mer, G­len­stan­tia

’n Ge­wo­ne mens het be­slis ’n s­terk ge­stel en ’n baie dik vel no­dig om daag­liks deur die ont­stel­len­de en ne­ga­tie­we nuus ge­bom­bar­deer te word. Nuus kom ver­al nou van al­le kan­te om­dat ons meer as ooit op hoog­te ge­hou word met so­si­a­le me­dia.

’n Vrien­din en ek sit nou die dag en ge­sels oor als en ver­al kor­rup­sie wat so se­ë­vier in ons land – die ge­suk­kel dat die goeie die bo­se moet oor­win.

O­ral ont­laai men­se van al­le kleu­re oor on­eer­lik­heid, be­drog, gie­rig­heid, on­mens­lik­heid, wreed­heid teen­oor on­skul­di­ges (ver­al die kwes­ba­res on­der ons, soos ba­bas, kin­ders, die­re, ge­strem­des en ou­er men­se).

Die ge­sprek­ke is vir my er­ger as ooit te­vo­re. Men­se is moe­de­loos en ver­we­se, want on­reg lyk of dit se­ë­vier en net meer en meer ge­voed word met nog bo­se bran­ders om ’n groot tsoe­na­mi te word.

Maar in my bin­ne­ste het ek tog ’n vonk van hoop.

Ten min­ste kom baie van die bo­se goed uit en net die feit dat dit in die ope is, help.

As die ge­hei­me uit­kom, kan daar ge­ne­sing plaas­vind en kan op­tre­de be­gin.

Die goed­heid, ge­we­te en ge­loof van die ge­wo­ne mens bou druk op so­dat daar tot ak­sie oor­ge­gaan word.

Al die han­de­lin­ge wat ek en jy uit­voer om on­reg te be­stry sal op die lan­ge duur help, al voel dit nie nou so nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.