Lin­guis­te en wed­ders be­kyk ten­nis­kre­te

Beeld - - Kommentaar - Hul be­lang­rik­ste be­vin­dings:

Jaar­liks, soos klok­slag, kry ek teen die mid­del van Ju­lie ten­nis­de­pres­sie: Ro­land Gar­ros en Wim­ble­don is ver­by. Ja, ja, die A­me­ri­kaan­se Ope lê voor, maar wees maar eer­lik, dis ’n bie­tjie kroek­ten­nis wat hul­le daar en in die Aus­tra­lie­se Ope speel. Net soos wat een­dag­krie­ket en se­wes­rug­by nie rég­tig krie­ket en rug­by is nie, so is har­de­ba­an­ten­nis ook drie keer niks vir die a­fi­ci­o­na­do.

Ter­wyl ek snoe­sig on­der my du­vet voor die TV lê en slurp aan my ma se boon­tjie­sop (veel be­ter as al daai aar­beie), is ek wel steeds be­sig om te werk. ’n Man moet sy brood in die sweet van sy aan­ge­sig ver­dien.

In die jong­ste uit­ga­we van die ge­re­nom­meer­de vak­tyd­skrif A­ni­mal Be­ha­vi­our pu­bli­seer drie na­vor­sers van die U­ni­ver­si­teit van Sus­sex (B­rit­tan­je) hul na­vor­sings­re­sul­ta­te oor die be­faam­de steun­kre­te in ten­nis. (Jy weet, ten­nis grunts, soos daai “aa-ieeeeee” wat deur Mo­ni­ca Se­les in ten­nis in­ge­voer is.)

Die na­vor­sing­span se pri­mê­re be­lang­stel­ling is in die oor­een­koms­te en ver­skil­le tus­sen die­re­ge­lui­de en men­se se nie­ver­ba­le ui­tin­ge (vo­ka­li­se­rings deur lag, huil, gil, kreun en­so­voorts). Die ba­sie­se uit­gangs­punt is dat sul­ke nie­ver­ba­le ui­tin­ge baie ou­er en meer ba­saal is as ge­spro­ke taal, en dat na­vor­sing daar­oor ons in­sig kan gee in die ont­wik­ke­ling van on­der meer taalfunk­sies en taal­sis­te­me.

Hul da­ta is 367 steun­kre­te van se­we mans en se­we vroue uit die top-30 spe­lers van die wê­reld. Aan­ge­sien die a­koes­tie­se grond­toon (F0) kor­re­leer met stem­band­tril­lings ty­dens pro­duk­sie én toon­hoog­te ty­dens per­sep­sie, ge­bruik hul­le die F0-in­lig­ting om be­paal­de af­lei­dings te maak. ) Die toon­hoog­te (F0) van die steun­kre­te kor­re­leer met die ge­slag van spe­lers, maar nie met ou­der­dom en lig­gaams­groot­te nie. Jy kan dus nié uit ’n spe­ler se steun­kreet af­lei hoe oud of hoe ge­spierd hy of sy is nie. ) Die F0 van af­sla­ne is ho­ër as dié van on­der­skei­de­lik voor­hand- en rug­hand­houe. ) Die F0 ver­hoog na ma­te die wed­stryd ver­loop. Hoe la­ter, hoe kwa­ter . . . ) En les bes, hoe ho­ër die steun­kreet, hoe gro­ter die waar­skyn­lik­heid dat ’n spe­ler die wed­stryd gaan ver­loor!

Die in­te­res­sant­ste deel van laas­ge­noem­de be­vin­ding is dat daar nie ’n sta­tis­ties be­dui­den­de ver­skil is tus­sen die ver­loor­der­steun­kreet­toon­hoog­te aan die be­gin of aan die ein­de van ’n wed­stryd nie. Dis as­of fi­si­o­lo­gie­se en psi­go­lo­gie­se fak­to­re reeds vroeg in (of selfs voor) die wed­stryd ge­ma­ni­fes­teer word. Ons kan dus som­mer gou in ’n wed­stryd voor­spel wie gaan wen.

Maar, ho­kaai, voor­dat jy roe­ke­loos geld gaan be­gin wed op ten­nis­wed­stry­de: Die we­ten­skap­li­ke pro­ses moet eers sy loop neem.

Die ink van die ar­ti­kel was nog skaars koud, toe trek taal­kun­di­ges op Lan­gua­ge Log (tinyurl.com/steun­kreet) los en fyn­kam die da­ta en be­vin­dings. Vir Mark Li­ber­man lyk dit as­of mans­ver­loor­ders se steun­kre­te wel ’n ho­ër toon­hoog­te het, maar dat vrou­e­ver­loor­ders s’n dalk juis la­er is.

Boon­op moet ons ver­sig­tig wees om te ver­al­ge­meen: Meer da­ta van in­di­vi­du­e­le spe­lers moet in­ge­sa­mel word om te kyk wat die pa­troon oor ver­skeie wed­stry­de heen is.

Hoe dan ook, ek steun Mar­ti­na Na­vra­ti­lo­va (kam­pi­oen der kam­pi­oen!), wat ge­sê het: “The grun­ting has re­a­ched an u­naccep­ta­ble le­vel. It is che­a­ting, pu­re and sim­ple. It is ti­me for so­mething to be do­ne.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.