Sleep vir jou som­mer ’n ys­berg na­der

Beeld - - Kommentaar - Prof. Pie­ter Pan­se­grouw, Lynn­wood

Die ar­ti­kel “Reu­se-ys­berg breek in Ant­ark­ti­ka af” (13.07) het ’n mens an­der­maal laat be­sef wel­ke ge­wel­dig groot hoe­veel­he­de vars­wa­ter daar van die Suid­pool vir ons wa­ter­arm land be­skik­baar is.

Men­se dink dik­wels ys­ber­ge be­staan uit sout­wa­ter-ys, maar dis vars­wa­ter-ys.

In die 1970’s en ’80’s is li­te­ra­tuur­stu­dies oor die ge­bruik van ys­ber­ge vir Kaap­stad by die de­par­te­ment van wa­ter­we­se ge­doen.

Dit was nog­al ver­ba­send dat an­der lan­de des­tyds al ys­ber­ge as vars­wa­ter­bron­ne aan­ge­wend het. Kaap­stad is on­ge­veer 3 500 km tot 4 000 km van ge­bie­de om Ant­ark­ti­ka waar ys­ber­ge voor­kom.

As ’n mens sul­ke groot ys­ber­ge, soos die Lar­sen C-berg wat nou van die Suid­pool mag weg­be­weeg, net teen 5 km/h Kaap- stad toe kan sleep, sal dit net meer as ’n maand neem. En ont­hou, die koue Ben­gu­e­la-see­stroom gaan ook help om die ys­berg Kaap toe te laat dryf.

Dan is die groot taak om die ys­berg op te breek, te smelt en na ’n groot diep­see­baai, soos Sal­dan­ha­baai, te pomp en daar deur ’n dam­struk­tuur af te sluit.

As lan­de in die Mid­de-Oos­te en C­hi­li dit al reg­ge­kry het om ys­ber­ge te be­nut, waar­om nie ons, wat re­la­tief na­by die Suid­pool is nie?

Die Mid­de-Oos­ter­se lan­de het baie geld en die ver­voer­kos­te van die ys­ber­ge is nie vir hul­le ’n pro­bleem nie. Hul­le het ook baie brand­stof so­dat dit mak­lik is om ys­ber­ge te smelt, maar hul pro­bleem is dat die ys­ber­ge baie smelt (tot twee der­des daar­van) op pad na hul­le weens die groot af­stan­de van die po­le af.

C­hi­li is na­der aan die Suid­pool as ons, maar by hul­le was die pro­bleem weer die diep­te­gang van die ys­ber­ge en hoe om die ys­ber­ge te smelt en waar­heen om die wa­ter te pomp.

Maar e­ni­ge in­no­ve­ren­de ont­wik­ke­ling het uit­da­gings en al be­gin ’n mens net op k­lein skaal, bou ’n mens da­rem al er­va­ring op. As ’n mens net stil­sit, bly in­no­ve­ren­de op­los­sings ook maar net leë dop­pe . . .

Die skeur in die Lar­sen C­ys­bank.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.