Elk­een se slot­pa­ra­graaf

Beeld - - By - Dr. G­reeff is ’n oud­di­plo­maat en sa­ke­man.

Wat is die swak­ste ge­skre­we boek ter wê­reld? Dis elk­een van ons se le­wens­boek, want in die slot­pa­ra­graaf sterf jy. Dis soos ’n se­pie wat bot­weg ein­dig: “Vol­gen­de week in Die Raai­sels van R­hy­nie, ge­skryf deur Leon van Nier­op . . . bok­ke­rol.” Die vent is vrek.

Nou ja, ek vra le­sers wat tans deur doods­dra­ma gaan ver­sko­ning. Ek en my twee kin­ders het self langs hul ma se oop graf ge­staan na­dat kan­ker haar op 35 van ons weg­ge­neem het. Dis swaar. S­terf­lik­heid is moei­lik ver­werk­baar.

Nou die dag gee ek vir my se­we­ja­ri­ge klein­dog­ter ’n ge­skenk – ’n kof­fie­be­ker met ’n fo­to van my waar ek op 19-ja­ri­ge ou­der­dom in Mo­sam­biek met ’n string vis­se staan wat ek met ’n spies­ge­weer (ook op die fo­to) ge­skiet het. Sy kyk lank na die be­ker, kyk my op en af, en toe, son­der ’n woord, pak sy die be­ker sorg­vul­dig te­rug in sy hou­er. Dis toe dat ek be­sef sý be­sef ek sal een­dag dood­gaan.

Hoe han­teer ons die tra­ge­die van ons eie mor­ta­li­teit? Ons maak grap­pies daar­oor. Soos wat die B­rit Bob Monk­hou­se ge­sê het: “Ek wil een­dag soos my pa sterf – kalm en rus­tig in ’n diep slaap; nie soos sy pas­sa­siers nie – groot­oog, gil­lend en in angs.”

Of soos die vraag wat ek het: Hoe­kom sal ’n kan­ni­baal nie Cas­per de V­ries of Leon S­chus­ter wil eet nie? Want hul­le gaan ef­fens snaaks smaak. (Jam­mer vir die flou grap­pie.)

Of soos Woody Al­len wat ge­sê het: “Dis nie dat ek bang is vir die dood nie; ek wil net nie daar wees wan­neer dit ge­beur nie.”

Jam­mer, Woody, maar die dood is meest­al on­ver­wags. Jy stuur nie ’n “sa­ve-the-da­te”e-pos uit nie. Dit kom soos in die ge­val van Ji­mi He­sel­den. Hy was die mil­jar­dêr-ei­e­naar van Seg­way, ’n maat­skap­py wat ge­mo­to­ri­seer­de twee­wiel­voer­tuie ver­vaar­dig. Ji­mi het in 2010 op ’n veld­rit op een van sy Seg­ways op sy B­rit­se land­goed oor ’n 24 me­ter hoë krans ge­ry. In die pro­ses het hy sy Seg­way en hom­self af­ge­skryf.

Ty­dens my eie pa se be­graf­nis het sy kis vas­ge­haak in die graf, want hy was ’n lang man en die graf was net te kort. Werk­men­se moes kom help.

Een van die snaaks­ste on­ver­wag­se be­graf­nis­oom­blik­ke in my le­we was toe ek as jong di­plo­maat in Bel­gië na­mens ons am­bas­sa­deur ’n be­graf­nis moes by­woon.

Ná die diens moes ek by die pro­ses­sie in­val en die kis in die mid­del­ste paad­jie volg. Aan die voor­punt van die pro­ses­sie was die pries­ter met ’n lang swaai­en­de staf met ’n kruis en wie­rook­walms.

An­der­kant die kruis en so tus­sen die wie­rook deur sien ek toe deur die o­pe­ning van die kerk se voor­deur ’n flit­sen­de ne­on­lig bo ’n kroeg aan die an­der kant van die plein. Dit was pre­sies lyn­reg met die gang – ’n lig wat ’n des­tyd­se Bel­gie­se bier ad­ver­teer: Hell’s Pils.

Her­man Bin­ge sê as jy ’n kuns­te­naar was, er­váár men­se jou kuns ná jou dood en word jy ont­hou. Mis­kien.

Ek het ’n dok­tors­graad be­haal, want ek wou ’n proef­skrif na­laat so­dat ’n stu­dent dit een­dag kan op­soek, dit kan lees en na my stem kan luis­ter. Soos ’n hond wat sy toe­koms­bood­s­kap­teen ’n boom laat.

Tyd is die bes­te heel­mees­ter – be­hal­we wan­neer dit by die slot- pa­ra­graaf van jou eie le­wens­boek kom. Jy kan ryk­dom oor tyd op­bou, maar as die Groot Se­kel­man kom, maak tyd net mooi niks reg nie.

Lyk­wa­ens het nie sleep­stan­ge nie. Jou be­graf­nis­po­lis sluit nie ’n Ven­ter­sleep­wa vir jou Groot Trek in nie. Jou ba­ga­sie bly ag­ter. Let­ter­lik en fi­guur­lik.

Die ba­ga­sie van fa­mi­lie­dra­mas en an­der kon­flik ver­damp.

Daar is sleep­wa­ens wat ’n doel vir se­ke­re be­graf­nis­se het. Soos hier in die Wes-Kaap. As ’n Oos-Ka­pe­naar hier sterf, moet die lyk vir ’n be­graf­nis en fa­mi­lie­fees huis toe ver­voer word. Soos ek ver­staan, is daar en­tre­pre­neurs wat ly­ke in ge­wo­ne sleep­wa­ens on­der be­vro­re hoen­ders plaas en dan na die OosKaap ry. Die af­ge­stor­we­ne is dan by­na in iets soos ’n ty­de­lik be­vro­re hoen­der­graf. Wan­neer die oor­le­de­ne in die Oos-Kaap aan­kom, is die lyk nog reg vir ’n grond­be­graf­nis en die hoen­ders is net lek­ker ont­dooi vir die pot­te om al­mal kos te gee.

Die Bel­gie­se dig­ter Her­man de Co­ninck skryf in sy ge­dig “Wraak”, ver­taal deur Da­niel Hugo:

Ek is ge­re­gis­treer van­af my ge­boor­te­stond.

Ek staan ge­lyk aan een ki­lo pa­pier:

di­plo­mas, diens­plig, ver­hui­sings van daar na hier,

my lid­maat­skap van par­ty, kerk, vak­bond.

Daar­om is ek op soek na ’n plek op die grens van drie na­sies. Daar wil ek dan sterf. Want ek wil met my dood op sy min­ste die ple­sier be­derf

van ’n stuk of twin­tig ad­mi­nis­tra­sies.

So sal min­stens 20 ad­mi­nis­tra­sies jou nie­tig­heid ont­hou. )

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.