So­veel vrae, so­veel skuld­ge­voe­lens

Beeld - - By -

Ek is se­nu­wee­ag­tig. En drink ’n glas wyn.

Dis Woens­dag­aand. Wat be­te­ken dis band- aand. Ja, dis van­aand die Black S­na­kes Blu­es Band se beurt om by ons huis te speel. Die bier is al oop­ge­maak en die piz­za het op­ge­daag.

In­tus­sen het nog ’n lid by die Black S­na­kes Blu­es Band aan­ge­sluit. (Ree­nen, my ge­lief­de, het my al me­nig­maal ge­maan om die he­le ti­tel van die band uit te spreek – dis nie net die Black S­na­kes nie. Nee, dis die Black S­na­kes BLU­ES BAND.)

Elk ge­val, Pie­naar het aan­ge­sluit. Pie­naar Die Drom­mer. En blyk­baar, in die mu­siek­wê­reld, as jy ’n drom­mer by­kry, is jy ge­máák.

Hul dro­me om voor ’n ska­re van 100 000 in Ja­pan te speel is ’n stap­pie na­der.

(Ek vra by voor­baat om ver- sko­ning. Ek kon nie ’n lek­ker A­fri­kaan­se ver­ta­ling vir die woord band kry nie. “Mu­siek­groep” werk nie. “Or­kes” ook nie. En toe ek vir die Black S­na­kes Blu­es Band vra wat ’n goeie woord vir band in A­fri­kaans is, ant­woord hul­le soos een man: su­per­group. Dus hou ek maar by band.)

Maar ek is steeds se­nu­wee­ag­tig. En ek teug steeds aan ’n glas wyn.

Moet my nie ver­keerd ver­staan nie. Ek is nie se­nu­wee­ag­tig oor die band nie.

Nee. Ek is se­nu­wee­ag­tig oor my tas wat nog net half­pad ge­pak is.

Want oor twee dae gaan ek I­ta­lië toe. Vir drie we­ke. Ek ver­staan nie waar­om ek so se­nu­wee­ag­tig is nie. In my jon­ger dae het ek die aand voor die tyd som­mer ’n klomp kle­re in my tas ge­gooi.

Daar­by het ek nie al­tyd ge­weet waar ek gaan slaap nie. Soms som­mer net op ’n lug­ha­we. È pres­to.

Nie dié keer nie. Ons het ’n he­le reis­plan uit­ge­werk. Dis nou ek, my ma en ons ja­re lan­ge vrien­din, Ma­ri­ka.

Daar­by het iets an­ders in­ge­kruip . . . Ek voel oor­wel­dig. Oor al­les wat ge­sien kan word. En nie ge­sien gaan word nie.

Oor al­les wat ek gaan mis om­dat ek dalk nie ge­noeg be­plan het nie. Nie ge­noeg ge­lees het nie.

En die skuld­ge­voel oor die geld wat ek gaan be­stee . . .

Mag ek so­veel geld uit­gee? En dit net vir eie ple­sier? Ter­wyl so­veel an­der men­se swaar­kry? Mag ek? Ek weet nie. Ek het nie ant­woor­de op hier­die vrae nie.

En ek het so baie an­der vrae waar­mee ek die le­ser nie mee wil ver­veel nie.

Maar ter­wyl ek skry­we, kom ek ag­ter dat ek my sorg­vry­heid ver­loor het. Iets wat ek nooit ge­dink het ek sal nie. My­self be­lo­we het ek sal nie.

En nou is ek se­nu­wee­ag­tig oor ’n tas wat nog nie ge­pak is nie.

“Nee. Kom nou. Wees dank­baar,” sê ek vir my­self.

En ont­hou, wan­neer ek te­rug­kom, is die Black S­na­kes Blu­es Band steeds hier. El­ke twee­de Woens­dag­aand.

Ja, be­sef ek. En ek raas met my­self.

“Jy gaan I­ta­lië toe. En daar­by het die band ’n drom­mer. Dalk is Ja­pan vol­gen­de op jou lys.”

Wees net vir ’n slag dank­baar.

Wees dank­baar.

@An­toi­net­teLouw1

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.