Een van die lek­ker­ste ma­nie­re om die Fransch­hoek­val­lei te ver­ken, is op die wyn­trem. Hier is baie om te sien, te leer én te doen.

Beeld - - Lifestyle - Die af­klim­plek­ke B­rid­ge Gran­de Pro­ven­ce. Ric­ke­ty Don­né. Dieu Van die an­der land­goe­de­re waar jy kan af­klim, sluit in Al­leé B­leue, C­ha­mo­nix, La Bour­gog­ne, Solms­Del­ta, Ei­ke­hof, Hol­den Manz, Mai­son, Ba­by­lon­sto­ren en Le Lu­de.

Die groen trem en bus­sies is el­ke dag in die val­lei be­dry­wig, ge­woon­lik vol­ge­pak van bui­te­lan­ders wat die wyn­land­goe­de­re hier wil be­soek.

My kaart­jie het ek aan­lyn be­spreek en be­taal – die mak­lik­ste om plek op die klim-op-en­klim-af-toer te ver­se­ker. Ek moes 10:45 by die kaart­jies­kan­toor in die Hoof­straat (skuins oor­kant S­tan­dard Bank) aan­meld. Tot my skaam­te moet ek er­ken ek was laat en die bus­sie het reeds na die eer­ste land­goed ver­trek.

Son­der om eers ’n wenk­brou te lig het die or­ga­ni­seer­ders da­de­lik ’n dry­wer vir die laat­kom­mer ge­re­ël en my met ’n bus­sie na Ric­ke­ty B­rid­ge, een van die wyn­land­goe­de­re wat op my roe­te is, ge­neem.

’n Mens kan kies tus­sen vyf roe­tes – die blou, groen, rooi, geel of pers lyn waar jy tus­sen se­ke­re land­goe­de­re kan kies.

Daar is 21 wyn­land­goe­de­re op die lys en hul­le word in­ge­deel by die roe­tes; maak dus se­ker wat­ter land­goe­de­re jy graag wil be­soek, aan­ge­sien nie el­ke kleur roe­te el­ke land­goed as be­stem­ming het nie.

Jy kan self kies waar jy wil af­klim en bin­ne ’n uur is daar weer ’n trem of bus wat jou sal op­laai en jou na die vol­gen­de be­stem­ming sal neem.

Die toer kos van­af R220 per per­soon. Ska­kel 021 300 0338, e-pos na in­fo@wi­net­ram.co.za of be­soek wi­net­ram.co.za vir meer in­lig­ting. My eer­ste stop was by

– ’n land­goed waar­mee ek ver­troud is, aan­ge­sien ek Sa­ter­dae om 08:00 hier kom par­k­run. Ek het som­mer weg­ge­val met ’n wyn­proe en op die re­stau­rant­stoep rus­tig ge­sit en die sa­lig­heid ge­niet. S­tip op sy tyd was die bus­sie by die voor­stoep van die re­stau­rant en ek en ’n groep toe­ris­te (van In­dië en Ka­li­for­nië in die VSA) is na die trem­sta­sie, ’n klip­gooi van­af die land­goed, ge­neem.

Hier het ons op die trem ge­klim en die spo­re ge­volg na

Die trem ry rus­tig, nie vin­ni­ger as 40 km/h nie, en jy kan ag­ter­oor sit en die om­ge­wing be­kyk.

Dié his­to­rie­se wyn­land­goed met sy ge­skie­de­nis van 300 jaar is net 9 km van­af die sa­ke­kern van Fransch­hoek.

Op dié land­goed er­vaar jy ’n iet­sie van al­les – kom­pleet soos ’n Qu­a­li­ty S­treet-sjo­ko­la­de­pak­kie waar­van el­ke net­jies toe­ge­draai­de lek­ker­ny ’n ver­ras­sing is. Van Suid-A­fri­ka se bes­te, ge­ves­tig­de en ont­wik­ke­len­de kuns­te­naars se werk kan by The Gal­le­ry ge­sien word.

Die ga­le­ry huis­ves ook ’n beel­de­tuin met ’n ver­sa­me­ling mo­nu­men­ta­le wer­ke wat ge­reeld aan­ge­vul word. Uit­stal­lings word deur die jaar aan­ge­bied. As jy ’n bui­ten­ge­wo­ne ge­skenk wil koop, kan jy by The S­hop in­loer wat ’n goeie ver­sa­me­ling A­fri­ka-ar­te­fak­te, ver­sa­mel­stuk­ke en ’n reeks ont­wer­per­sju­we­liers­wa­re bied. Die vol­gen­de stop is by

Die land­goed is hoog op die steil suid­wes­te­li­ke han­ge van die Fransch­hoek­ber­ge, met ’n uit­sig op die val­lei.

Dis heer­lik om hier ’n gla­sie wyn op die gras­perk te sit en drink en te wag vir die son om ag­ter Si­mons­berg te sak. )

Fo­to: MALANI VEN­TER

Die trem is op pad! Die plat­form vir die Fransch­hoek­wyn­trem na­by die land­goed Ric­ke­ty B­rid­ge.

Fo­to: DENZIL MAREGELE

Kom klim op die wyn­trem: Die bes­te ma­nier om van die land­goe­de­re en die om­ge­wing in die Fransch­hoek­val­lei te be­soek en te ver­ken.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.