Nog doen­din­ge

Beeld - - Lifestyle - Fransch­hoek­mo­tor­mu­seum Hu­ge­no­te­ge­denk­mu­seum Hu­ge­no­te­mo­nu­ment Kom kyk na die kerk­ge­bou Ver­ken op ’n berg­fiets Stap in die val­lei

) Op L’Or­marins kan jy meer as 100 jaar se mo­tor­ge­skie­de­nis deur die bui­ten­ge­wo­ne ver­sa­me­ling mo­tors, mo­tor­fiet­se en me­mo­ra­bi­lia be­leef. Die mu­seum het meer as 220 ver­voer­mid­dels in sy ver­sa­me­ling – van ’n 1898­Bees­ton­mo­tord­rie­wiel tot ’n 2003­Fer­ra­ri En­zo­su­per­mo­tor. Meer as 80 mo­tors word in vier vog­vrye sa­le ver­toon.

Ska­kel 021 874 9002 of stuur e­pos na fmm@fmm.co.za. ) Die mu­seum is in die her­bou­de Saas­veld­ge­bou, die 18de­eeu­se tuis­te van ba­ron Wil­lem Fer­di­nand van Ree­de van Oudts­hoorn. Hy het dit teen on­ge­veer 1791 langs Kloof­straat in Kaap­stad laat bou.

In 1954 het die NG ge­meen­te in Kaap­stad be­sluit om die ge­bou te sloop en ’n jeug­her­berg op te rig. Daar is voor­ge­stel dat die ge­bou el­ders op­ge­rig word.

In 1957 is oor­een­ge­kom dat Saas­veld in Fransch­hoek langs die Hu­ge­no­te­mo­nu­ment her­bou word en as ’n Hu­ge­no­te­mu­seum ge­bruik word. El­ke bak­steen is ge­nom­mer, na Fransch­hoek ge­neem en in sy oor­spronk­li­ke po­si­sie in­ge­bou. Die mu­seum is amp­te­lik op 11 Maart 1967 ge­o­pen. Dit be­vat ’n groot ver­skei­den­heid meu­bels, By­bels, sil­wer­wa­re, kom­buis­ge­reed­skap, do­ku­men­te en ar­te­fak­te wat die le­we van die Hu­ge­no­te aan die Kaap uit­beeld.

Be­soek Maan­dae tot Sa­ter­dae van 09:00 tot 17:00 en op Son­dae van 14:00 tot 17:00.

Ska­kel 021 876 2532 of stuur e­pos na hu­ge­noot@mu­seum.co.za. ) Die mo­nu­ment staan as ba­ken aan die punt van Hu­ge­no­te­weg en is op 17 A­pril 1948 in­ge­wy.

As jy meer wil leer van die vrou­e­fi­guur met die By­bel en ge­breek­te ket­ting in haar han­de, as­ook die drie lug­boë van die mo­nu­ment, be­soek hu­ge­noot.org.za of ska­kel 021 876 2598. Dit kos R5 vir vol­was­se­nes en die tuin is daag­liks van 09:00 tot 17:00 oop. ) Die wit ge­bou van die NG ge­meen­te Fransch­hoek in die hoof­straat be­staan se­dert 1843 en het sy wor­tels in die ves­ti­ging van die Fran­se Hu­ge­no­te hier in 1688. Dis in 1968 vol­le­dig ge­re­stou­reer.

Ska­kel 021 876 2431 of be­soek ngk­fransch­hoek.co.za. ) Ex­pe­rien­ce Fransch­hoek gee jou die ge­leent­heid om die Fransch­hoek­val­lei op be­ge­lei­de berg­fiets­roe­tes te ver­ken. Hier is tal­le roe­tes wat in moei­lik­heids­graad ver­skil. Dit kos vir ’n half­dag R650 per per­soon en jy kan jou van Maan­dae tot Son­dae van­af 08:00 aan­meld.

Ska­kel 082 541 1760 of stuur e­pos na book­ings@ex­pe­rien­ce­fransch­hoek. co.za. ) Kom stap (son­der ’n gids) oor drie dae 30 km ver op die Fransch­hoek­val­lei­stap­roe­te wat jou deur die val­lei neem. Die roe­te be­gin in die Mont Ro­chel­le­na­tuur­re­ser­vaat en gaan deur win­ger­de, fyn­bos en ver­by plek­ke waar jy meer van die dorp en die om­ge­wing se ge­skie­de­nis kan leer.

Jy bly oor in ho­tel­le en gas­te­hui­se – en hoef jou nie oor jou ba­ga­sie te be­kom­mer nie, want dit word vir jou van die een bly­plek na die an­der ver­voer.

Be­soek wal­king­holi­days.co.za, stuur e­pos na in­fo@wal­king­holi­days.co.za of ska­kel 021 852 5937.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.